Skip to main content

Reg voor die hoof Gordyn van die Tabernakel was die Wierrook Altaar. Hierdie was die laaste item in die Heilige gedeelte voordat jy die Allerheiligstes binne gegaan het deur die Hoof Gordyn.

In die Nuwe Testament verlossingsplan, is dit die plek van Gebed, Lofprysing en Aanbidding.

Dit is net hier by die Teenwoordigheid van God, waar jy naby die Ark van God is.

Die Gebed en Aanbidding sal in die volgende hoofstukke behandel word, maar in hierdie hoofstuk gaan ons praat oor die 7 Plekke waar ons met God praat en Hom loof en prys.

En hoe nader ons aan die Hemel kom in ons geestelike lewens, kry ons verskeie plekke van Gebed, Lofprysing en Aanbidding.

Waar kommunikasie met God beter raak.

Die beste plek om met God te praat is wanneer jy langs Hom staan.

Ons moet nader aan God beweeg.

Ek vra jou die volgende vraag: Waarom praat Jesus so saggies wanneer Hy met jou praat en waarom fluister God as Hy met jou praat?

Hulle wil hê dat jy nader aan hulle moet beweeg.

As ons kyk na die Gebed, Lofprysing en Aanbidding punte binne in die Tabernakel sal ons beter verstaan. Ons moet nader aan God en Jesus beweeg, en uiteindelik moet ons die Gees van God in ons gees hê.

Kom ons kyk na die 7 plekke.

Plek 1.

Buitekant die Tabernakel: Hier is jy nogsteeds ‘n sondaar in ‘n sondige wêreld.

Die sondaars-gebed – Stap 1 van die 12 Stappe na die Hemel.

Plek 2.

By die ingang van die Tabernakel: Wanneer jy besef dat jy weg van sonde af moet draai en na Jesus toe moet draai. En aanvaar om ‘n nuwe pad na God toe te loop. Hier begin jou aktiewe gebedslewe.

Stap 2 van die 12 Stappe na die Hemel.

Plek 3:

By die Vuur Altaar en voor die wasbak. By die punt waar jy Jesus Christus as jou Persoonlike Verlosser aanvaar en Hom volg deur die Doping in water.

Stap 3 tot 6 van die 12 Stappe na die Hemel

Plek 4:

In die binnehof van die Tabernakel. Skoongewas van sonde in die Bloed van Jesus en gedoop in water.

Nou ‘n Wedergebore Christen.

Nog besig om te leer oor die Drie-Eenheid in die Bybel en besig om te leer om te Bid.

En gereed om die Heilige gedeelte van die Tabernakel in te gaan –Stap 7 van die 12 Stappe na die Hemel.

Plek 5:

In die binne-tent – Die Heilige gedeelte van die Tabernakel. Gebed, Lofprysing en Aanbidding, Geloofs-opbouing en voortdurende vergifnis deur die verloop van jou elke dag. Met ‘n baie kragtige aktiewe gebedslewe. Naby aan die Doping van die Heilige Gees en om meer dinamies in jou Gebed, Lofprysing en Aanbidding te word.

Stap 8 van die 12 Stappe na die Hemel.

Plek 6:

In die Allerheiligste net langs die Ark van God.

Nadat jy deur die Heilige Gees gedoop is

“Die Vertrooster Dopings span”

Ontvang jy karakter van God en karakter van Jesus

Ontvang jou gawe/gawes en Vrugte van die Gees

Ontvang jou Bediening in die Koningkryk van God en aanvaar jou Dissipelskap.

Jou Gebed, Lofprysing en Aanbidding is op ‘n stadium van optimum in jou lewe. Met die Gees van God in jou nou, het jy die Tabernakel en of Tempel van God geword. Jy het nou Een-tot-Een, direkte kommunikasie. Geesgevulde Kind van God. Jy het ‘n koningklike Telefoon lyn na God toe. Stap 9-11 van die 12 Stappe na die Hemel.

Plek 7:

Gebed, Lofprysing en Aanbidding in die Hemel saam met Jesus en God reg langs jou.

Wat ek graag vir jou wil uitwys is dat jy nader aan God gaan beweeg in jou geestelike lewe. Gebed, lofprys en aanbidding gaan beter en beter word.

Ja, God sal altyd jou gebede hoor. Maar dit is vir jou soveel beter om nader aan God te beweeg.

Die 2 uiteindes: Plek 1 en Plek 7.

My aansporing aan jou is om by Plek 6 uit te kom so gou as moontlik. Verkry ‘n versekerde lyn – ‘n Koningklike telefoon – ‘n rooi lyn direk na God toe.

Teen hierdie stadium is Gebed, Sange, Lofpysing en Aanbidding, Gedigte en nog meer goed, baie dinamies.

Reg langs God! Beweeg nader aan die Hemel – Kom by Stap 11 van die 12 stappe na die Hemel. God en Jesus nooi jou uit – “Kom nader!”

GEBEDS RAAD

Krag deur gebed

Krag is die instrument van gebed.  Die apostels het die noodsaaklikheid en die waarde van gebed besef. Hulle het geweet dat hulle opdrag as apostels nie sonder gebed sou kon funksioneer nie.  Hulle het gesorg dat ander belangrike werk nie hulle gebeds tyd in beslag neem nie.  Daarom het hulle helpers aangestel sodat hulle ongehinderd kon volhard in die tyd wat hulle opsy gesit het vir gebed.

Hand. 6 :3  ‘Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die

Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;

Hand. 6 : 4  maar ons sal volhard in die  gebed en die bediening van die woord’.

Vir die apostels was dit ‘n saak van erns om in oorgawe te bid en om te volhard daarin.  Deur hulle gebede het God kragtige dade gedoen.  Om ‘n voorbidder vir mense te kan wees verg ‘n verhewe siel, rein motiewe, onselfsugtigheid, selfopoffering, ‘n vurige gees en Goddelike takt, en ons lees dit in die onderstaande skrif gedeelte.

Kol. 4 : 12  ‘Épafras wat een van julle is, ‘n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede, dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God’.

Ons sal vind dat ‘n toegewyde gebedslewe is een van die uitstaande kenmerke van sterk leiers.  Hulle krag by God dra die stempel van oorwinning.  Hoe meer toegewy ‘n persoon is, des te meer waarde heg hy aan gebed,  en ervaar hy dat God Homself gee aan hulle wat bid,  en dat die mate van God se openbaring aan die siel afhang van die siel se verlange om in dringende gebed met god te verkeer.  Die saligheid vind nooit sy weg na ‘n biddelose hart nie.  Die Heilige Gees bly nooit in ‘n biddelose gees nie.  Sonder gebede kan ons ook nie die evangelie verkondig nie.

Efes. 6 : 18   ‘Terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

Efes. 6 : 19 en vir my, sodat ‘n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak’.

Paulus het nie gevoel dat hierdie dringende pleidooi om gebed sy waardigheid sou aantas, sy invloed sou verminder of sy vroomheid sou skaad nie.  En as dit sou?  Waardigheid, invloed en reputasie ten spyte,  hy was afhanklik van hulle gebede.