Skip to main content

Lees asb die WAARSKUWING op die Gebed by die Bekendstelling van Voorskrif Gebede uit die Hemel vir die Eindtyd : Gebruik ook die gesalfde gebeds kaarte vir eie veiligheid!

Vir Bevryding vir Haar.
Gee in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe vir Haar vir Bevryding van Binding en vloeke.

Bid daagliks, totdat Bevryding ontvang is!
Die gebed is die enigste van die reeks van 9 wat nie geneem kan
word nie, dit moet deur ’n geliefde aan die ontvanger gegee {gebid}
word. Daar is 9 gebed kaarte wat BEVRYDING uitspel, die kaarte is
gesalf en geseën en dra die krag en mag van die Bloed van Jesus.
Plaas die kaarte in n bevryding ring om die persoon wat gebind is
met ’n binding of vloeke (fisiese of emosioneel) bv. ’n drank
probleem, of pronografie verslawing, haat of ’n humeur, selfs as die
persoon geteister word met demoniese magte.


Al vereiste is dat die persoon vrywillig moet staan, tydens die gebed.
Die bevryding gebed kan ook gedoen word in die persoon se
afwesigheid, met behulp van ’n foto van die persoon in die middel
van die kring. (maar die vrymaking sal effe langer neem).
Plaas die gebed kaarte om die persoon vanaf die 3uur posisie en
klok gewys op 4, 5, 7, 8,9,11, 12 en 1 uur posisies om die persoon. 9
kaarte = “9” die nommer wat die Heilige Gees voorstel.

Die bloed van Jesus maak vry, Hy het die losprys betaal!
Van af: Die Spesialiste uit die Hemel en in jou!

VOORSKRIF GEBED VIR BEVRYDING.
Bid die gebed daagliks hard op vir haar, Die gebed mag afgelees word. Bid
vir iemand vir bevryding, beweeg dan na die Voorskrif gebed vir voorsorg
teen siektes en beserings na bevryding ontvang is. Manifesteer die aksies,
deur om die gebed kaart om hom of haar te plaas. Manifesteer ”Ek plaas
dit” Die baie kragtige gebed sal net ’n paar minute neem om te bid.


DIE GEBED


Here. ons kom na U plek van bevryding in die wonderlike naam van
Jesus Christus U seun. ons bevestig ons geloof in U ons Skepper. U wat
haar liggaam, gees en verstand beter ken as enige mens. ons bevestig
ook ons geloof in Jesus, en in die vertroosting en leierskap krag van U
Heilige Gees.


Here, ons bevestig dat ons ,ons skuldenaars vergewe het, en vra U ook
vir U vergifnis vir ons sondes.


Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 24
“U woord is lewe vir die wat dit vind en genesing (bevryding) vir haar
hele liggaam, gees en verstand”
En volgens Deuternomium 28 vers 22
”Is binding en vloeke onder die vloek van die wet”
Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13
“Jesus het haar los gekoop van die vloek van die wet”


Here U gee my die mag om teen Satan op te staan volgens Psalm 46 vers
1 tot 3. Hou ons onder U bloed. U sal die bevryding gee en ook algehele
vrede na die gebed volgens Fillipense 4 vers 4 tot 7.
“Jesus U is die Prins van Vrede”

Met die bevestiging gee ek U voorskrif bevryding teen binding en vloeke
uit Satans mag en die van sy volgelinge ,voorgeskryf deur U, vir volle
bevryding van haar liggaam, gees en verstand.

Here ek neem. – B –1 Timotheus 2 vers 6

Jesus U het Uself gegee as losprys vir haar siel.
Ek plaas dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – E – Handelinge 17 vers 3

Jesus. ons bevestig U is ons redder en U het oorwin.
Ek plaas dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – V – Markus 16 vers 18

God U beskerm ons teen enigiets doodeliks vanaf Satan en sy magte.
Ek plaas dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – R – 1 Johannes 2 vers 13

Here, ons sal die bose oorwin, net soos U dit alreeds gedoen het.
Ek plaas dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – Y – 1 Timotheus 2 vers 1

Here hoor ons gebed, ons voorbidding en ons danksegging.
Ek plaas dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – D –Romeine 3 vers 26

Here U sal U bevryding mag oor haar uitstort.
Ek plaas dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – I –Openbaring 20 vers 2

Satan jy sal gebind word vir 1000 jaar en daarna sal jy gepynig word in die poel van vuur.
Ek plaas dit, sy sien dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – N–Spreuke 24 vers 25

Here dankie vir U voorspoed en seëninge aan ons.
Ek plaas dit, ons ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – G– Ezegiel 34 vers 26

Dankie vir U stort reëns van seëninge oor ons.
Ek plaas dit, ons ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.


Here dankie vir die BEVRYDING in die kragtige naam en Bloed van
Jesus. Haar hele liggaam word nou gesalf in U bloed,


Ek breuk elke aktiwiteit van die Okkulte in haar lewe, waarby sy ooit
betrokke was, bewustelik of on-bewustelik, ook elke familie vloek,
veroorsaak deur die aktiwiteite van haar familie of voorouers. Ek bind
elke mag, besoedeling, plan of strategie wat Satan en sy volgelinge oor
ons siel en gees het op die oomblik. Ek breuk dit in die Kragtige Bloed
van Jesus en verklaar dat dit geen meer mag oor ons het nie.


Volgens Hebreërs 2 vers 14 en 15 “Het Jesus , Satan se mag tot niet
gemaak” Here ons maak alle seëninge los uit U hand oor ons. En maak
ook die krag van die Kruis los oor ons lewe.
Here, stort U seëninge uit oor ons, en wees met ons in alles wat ons
doen,vergroot ons grondgebied, neem ons onder U beskerming en
weerhou enige onheil van ons, sodat geen smarte ons sal tref nie.

Here, ons prys U vir U almag en U oorwinnings, ons loof U vir U krag en U
Majesteit.

Here U is “Jehova Nissi” Die God, ons Beskermheer.
Here U is “Jehova Shalom” Die God, ons Vrede.
Dankie vir U liefde, en U is die drie-enige Godheid uit die Hemel en binne
in ons, ons sal aan ander getuig van U bevryding krag. Laat U wil geskied
in ons lewens, Dankie Vader


Amen en Amen


Op konsultasie vanaf die Hemelse Mediese Spreek kamers, vanaf God
die Vader, Jesus die seun en die Heilige Gees. Die gebed is geskryf en
gesalf vir Haar my geliefde

Aangeheg die Bevrysings Kaarte . druk uit . laminate en vou . Salf die kaarte met Olie voor jul dit gebruik !

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

GEBEDS RAAD

Bely en Breek met alle Bewuste, Onbelyde sonde

Spreuke 28:9  ‘Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel’.

Spreuke 28:13    ‘Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind’.

Deurweek jou gebede met Lofprysing en Aanbidding

Rom  11:33       ‘o,  DIEPTE  van  die  rykdom  en  wysheid  en  kennis  van  God!  Hoe

ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy wee!

Rom 11:34    Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?

Rom 11:35   Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?

Rom 11:36       Want uit  Hom en  deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen’.