Skip to main content

Vir Genesing.
Gegee in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop aan u geliefde!
Die gebed gegee aan ‘n Dame.

Bid daagliks, of so gereeld as benodig.
Die gebed kan geneem of gegee word. Bid hardop vir uself of die
geliefde in u lewe wat genesing benodig. Neem of gee die skrif
gedeeltes as medikasie. Die neem of gee van vloeistof is sielkundig
van aard en die woord van God genees diep binne in die liggaam,
siel en gees.
Bid die gebed eenmalig per dag as die siekte of besering nie so
ernstig van aard is nie. In die oggend en aand as die siekte of
besering meer ernstig is. En elke 4 ure as dit lewens gevaarlik is. Elke
4 ure soos u moderne medikasie so en tans neem.
Neem ’n slukkie water, vrugtesap, of warm drankie, elke keer as u
die aksie van manifestasie doen “ek neem/gee dit.” Dit kan saam
met die pasiënt se huidige medikasie geneem word. Of apart . maar
as u ten volle op God wil vertrou word die Skrifgedeeltes op sig self medikasie.
Die siel voed dan die gees en ook die liggaam – sielkundig en met
Goddelike genesing.
Laat toe dat die Drie-eenheid Genesings Span uit die Hemel jou kom
genees. Hoor nou Jesus se stem: “Word Gesond”
As die pasiënt te swak is om die vloeistof self te neem, kan dit per
lepel of per inspuiting sonder naald ingegee word net ’n paar.
Druppels op die lippe. Die pasiënt is bewus daarvan al reageer hul
dalk nie.
Van af: Die Spesialiste uit die Hemel en in jou!

VOORSKRIF GEBED VIR GENESING
Bid die gebed daagliks (Oggend en aand), Hard op vir iemand wat siek is.
Die gebed mag afgelees word. Bid tot dat genesing ontvang is, beweeg dan
na die Voorskrif gebed vir voorsorg teen siektes en beserings. Manifesteer
die aksies, deur om ’n slukkie water of vrugtesap te gee. Manifesteer
”Ek gee dit” Die baie kragtige gebed sal net ’n paar minute neem.


DIE GEBED.
Here. ons kom na U Hemelse Mediese spreek kamers in die wonderlike
en genesende naam van Jesus Christus U seun. ons bevestig ons geloof in
U, ons Skepper. U wat ons liggaam, gees en verstand beter ken as enige
mens. ons bevestig ook ons geloof in Jesus,”Die Groot Geneesheer” en die
vertroosting en leierskap krag van U Heilige Gees.
Here, ons bevestig dat ons, ons skuldenaars vergewe het, en vra ook nou
vir vergifnis vir ons sondes.
Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22
“U woord is lewend vir die wat dit vind en genesing vir ’n hele
liggaam, gees en verstand”


En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U word lewend en kragtig en dring ons liggaam, gees en verstand binne
soos ’n skerp mes en genees diep tot binne in ons been murg en gewrigte”
en volgens Deuternomium 28 vers 22
”is Siekte en beserings onder die vloek van die wet”
Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13
“Het Jesus het ons los gekoop van die vloek van die wet”

Met die bevestiging gee ek U voorskrif medikasie ,voor geskryf deur U,
vir volle genesing van haar liggaam, gees en verstand.

Here ek gee. – W – Exodus 15 vers 26

“U is die God wat haar gaan gesond maak.”
Ek gee dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek gee. – O– 1 Konings 8 vers 56

“Here Dankie, U gaan haar ’n pynlose rus gee.”
Ek gee dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie vir die rus.

Here ek gee. – R – Psalm 103 vers 1 tot 5

“U sal haar ten volle genees van siektes.”
Ek gee dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek gee. – D – Jesaja 41 vers 10

“U se, moenie vrees nie, Ek versterk jul.”
Ek gee dit, ons vrees nie, ons glo dit, Dankie vir die krag.

Here ek gee. – G – Jeremia 1 vers 12

“God, U is die een wat haar genesing gaan volbring.”
Ek gee dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek gee. – E –Jeremia 17 vers 14

“U maak haar gesond, dankie daarvoor.”
Ek gee dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek gee. – S – Markus 21 vers 21 tot 22

“Here U se, alles is moontlik vir die wat glo”
Ek gee dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie vir die geloof.

Here ek gee. – O – 1 Petrus 2 vers 24

“Jesus deur U wonde is daar vir ons genesing en deur U bloed is daar vir ons beskerming.”
Ek gee dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.

Here ek gee. – N–Spreuke 4 vers 20 tot 24

“Die verse bring lewe en genesing vir haar hele liggaam.”
Ek gee dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.


Here ek gee. – D– Mattheus 8 vers 2 en 3
“Jesus, ons hoor nou U woorde en stem. WORD GESOND”.
Ek gee dit, sy ontvang dit, ons glo dit, Dankie Here.


Here dankie vir die genesing in die kragtige naam van Jesus. haar hele
liggaam word nou gesalf in U bloed, volgens Jesaja 53 vers 4 en 5.
“Het U wonde haar totaal en al genees”
dankie vir haar pynlose rus.
Here, stort U seëninge oor ons uit, vergroot ons grondgebied, neem ons
onder U beskerming. Wees met ons in alles wat ons doen en weerhou
enige onheil van ons, sodat geen smarte ons sal tref nie.
Here, ons prys U vir U almag en U oorwinnings, ons loof U vir U krag en U
Majesteit.

Here U is “Jehovah Nissi” Die God, ons Beskermheer.
Here U is “Jehovah Rapha” Die God, ons Geneesheer.
Dankie vir U liefde, U ons genesings drie-enige Godheid uit die Hemel,
ons sal aan ander getuig van U genesings krag. Laat U wil geskied in ons
lewe Heer. Ons vra dit nie uit gewoonte of uit verdienste nie, maar net
deur U genade alleen, dankie Heer.


Amen en Amen


Op konsultasie vanaf die Hemelse Mediese Spreek kamers. Vanaf die
Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees. Die gebed is geskryf en gesalf
Vir Haar!

Gebed Krag letters
W- WONDERWERKE

E- EWIGE LEWE
O- ONDER SY BLOED

S- SEENINGE
R- REDDING

N-NET U GENADE ALLEEN
D- DINASMIESE GEBED

G- GELOOF

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

Gebeds Raad

Wag op die Here

Dit  is  ‘n  daad  van  woordelose  liefde  en  bewondering  vir  God,    dit  is woordelose aanbidding.  Dit is om God te aanbid en te prys vir wie Hy is.  In hierdie periode van stilte stel ons,  ons in op God self,  rig ons,  ons wese op Hom en wy ons, ons opnuut aan Hom toe.  Ons verbly ons in en oor sy teenwoordigheid.  Psalm 46 : 11  ‘Wees stil en weet dat Ek God is’.