Skip to main content

Gebruik die Gebeds Kaarte :

Vir Vryheid van Probleme.
Geneem in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop saam met u Familie,
Besigheid vennote of mede Direkteure!

Bid eenmaal daagliks vir SES dae, en sewe keer op Dag Sewe.
Die gebed werk met geloof manifestasie aksies wat Die mag en krag
van die Hemel vrystel oor u probleem.


Die sewe gebed kaarte spel VRYHEID uit (7 ook die nommer van God
die Vader) plaas die kaarte klok gewys om die dokumentasie wat
die probleem verteenwoordig. Begin op die 7 uur posisie (Kaart V)
dan die ander op 9uur, 12uur,2 uur, 4 uur en 5 en 6 uur.
Nadat die gebed krag kaarte geplaas is, spreuk Vryheid oor die
probleem. Wys met jou vinger na die volgorde van die gebed kaarte
en wys dan jou vinger na die dokumente in die middel, noem die
probleem en wees spesifiek, bv. Saak 179/2013 in die Jhb hof.


Voltooi die gebed en los die gebed kaarte en dokumentasie daar tot
die volgende dag, wanneer u weer die gebed bid. Neem die kaarte
en plaas dit weer. “Los dit by die Here”
Na die 7de gebed op die 7de dag, skreeu op die top van jou stem.
Josua. 6 vers 10. “Dan moet jul skreeu, skreeu moet jul.” En draai die
dokumentasie om met die geskryf na onder. (’n Teken van opgelos).
Bid, glo en twyfel nie en ontvang. Los die gebed kaarte om die
dokumentasie totdat goeie nuus ontvang is.
Van af: Die Spesialiste uit die Hemel en in jou!

VOORSKRIF GEBED VIR VRYHEID
Bid die gebed daagliks hard op saam met jou Familie, Besigheid
vennote of mede direkteure. Die gebed mag afgelees word. Bid
dit met oorgawe as ’n probleem opduik. Manifesteer die
aksies”Ons plaas dit”, deur om die gebed kaarte een vir een om
die probleem te plaas. Die baie kragtige gebed sal net ’n paar
minute neem.


DIE GEBED.
Here. Ons kom na U Hemelse Spreek kamers in die wonderlike
naam van Jesus Christus U seun. Ons bevestig ons geloof in U
wat in alles voorsien. U wat ons behoeftes ken nog voordat ons
dit van U kan vra of bid. Ons bevestig ook ons geloof in Jesus se
verlossings krag, en in die vertroosting en Leierskap krag van U
Heilige Gees.


Here, ons bevestig dat ons, ons skuldenaars vergewe het, en vra
U ook vir U vergifnis vir ons sondes.
Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22
“U woord is lewe vir die wat dit vind”
En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U woord lewend en kragtig
en volgens Deuternomium 28 vers 22
”Is Droogte en Skade onder die vloek van die wet”
Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13
“het Jesus ons losgekoop/vrygekoop van die vloek van
die wet”

Met die bevestiging neem ons U voorskrif gebed, gegee deur U,
vir volle vryheid van al my probleme.

Here ons neem. – V – Psalm 69 verse 1 tot 36

Here. U is ons beskutting in tye van nood en tekort!
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie Vader.

Here ons neem. – R – Jesaja 40 verse 30 en 31

Here, wie op U wag, kry nuwe krag!
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie Here.

Here ons neem. – Y – Romeine 8 verse 31 tot 39

Met U aan ons kant, sal ons oorwin!
Ons plaas dit, Ons ondervind dit, Ons glo dit, Dankie Jesus.

Here ons neem. – H – 1 Korinthiers 3 verse 5 tot 9

Here, ons plant en gee water, maar dit is U wat die saad van geloof laat groei!
Ons plaas dit, Ons gee water, Ons glo dit, Dankie Here.

Here ons neem. – E – Mattheus 11 verse 28 tot 30

Jesus, U belofte, U sal ons ewige rus gee.
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie Jesus.

Here ons neem. – I – 2 Korinthiers 4 verse 17 en 18

Here, ons ligte verdrukking is slegs tydelik en sal binnekort verander in seëninge.
Ons plaas dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Here.

Here ons neem. – D – Psalm 138 verse 1 tot 5

Here, U het ons gebed verhoor, ons wag dan vir U heerlikheid!
Ons plaas dit, Ons sal wag, Ons glo dit, Dankie Here.

Here ons neem. – V – 1 Timotheus 2 vers 1

Here, Hoor ons gebed en ons danksegging!
Ons plaas dit, Ons bid dit, Ons glo dit, Dankie Here.

Here ons neem. – A –Mattheus 21 verse 21 en 22

Jesus U se, Bid, glo en twyfel nie en ontvang!
Ons plaas dit, Ons twyfel nie, Ons glo dit, Dankie Jesus.

Here ons neem. – N – Ezegiel 34 vers 36

Ons sal ’n stort reën van seëninge uit die Hemel ontvang!
Ons plaas dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Here.

Here dankie vir die VRYHEID OOR ONS PROBLEEM.


volgens Jakobus 1 vers 25.
“Gee U volmaakte vryheid en geluk oor ons probleme en
binding.”
Here, stort U seëninge oor ons uit, vergroot ons grondgebied,
wees met ons in alles wat ons doen en neem my onder U
beskerming en weerhou enige onheil van ons, sodat geen smarte
ons sal tref nie.


Hoor asseblief ons nederige gebed aan U.
Here, ons breek elke aktiwiteit van die Okkulte oor ons lewe!
ons breek elke familie vloek oor ons! ons bind elke mag,
besoedeling, plan of strategie wat Satan en sy volgelinge oor ons
lewe het op die oomblik!
ons bind en breek dit in die magtige krag van Jesus se
Bloed! Dit het geen meer mag oor ons nie!


Here gee ons vandag net ons daaglikse brood, en bou in ons, geen
bekommernis oor niks, maar laat ons na U toe kom in gebed met
geloof en Bid oor Alles!


Here, ons prys U vir U almag en U oorwinnings, ons loof U vir U
krag en U Majesteit.


Here U is “Jehovah Shammah ” Die God, met ons.
Here U is“ Jehovah Shalom” Die God, ons Vrede.
Here U is“ Jehovah Jireh” Die God, Die een wat voorsien.


Here dankie dat U ons droogte verander in vloede van seëninge
uit U Hemelse skatkamers, en ons binding verander in vreugde en vrede.

Dankie vir U liefde, U ons drie-enige Godheid uit die Hemel wat
voorsien, ons sal aan ander getuig van u seëninge wat U uit
goedheid gee.
Laat U wil geskied in ons lewe, O Heer. ons bid dit nie uit
verdienste of uit gewoonte nie, maar net deur U genade alleen,
Dankie Heer.


Amen en Amen


Op konsultasie vanaf die Hemelse Spreek kamers, vanaf God die
Vader, Jesus die seun en die Heilige Gees. Die gebed is geskryf en
gesalf vir ons as Familie, en of my /ons Besigheid.

Aangeheg die Vryheids Kaarte . Druk uit , lamineer en Vou . Salf met olie voor u dit gebruik !

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

GEBEDS VRAE EN ANTWOORDE

Wat is die voorwaardes vir doeltreffende gebed?

Al wat die Here van ons vereis is geloof.  Geloof in dit wat jy doen en vra.  Want Hy waarsku ons as ons nie geloof het nie sal ons niks kan doen nie.

Matt. 21:22   ‘En  alles wat julle in die gebed vra,  sal julle ontvang as julle glo’.

Hier sê die Here nie, net as julle sekere dinge vra sal Ek antwoord nie,  nee!  Hy sê  alles wat julle in die gebed vra sal julle ontvang as julle glo.