Skip to main content

Die Hemel stel aan u bekend. Voorskrif gebede uit die Hemel vir die Eindtyd

Die gebede is geïnspireer deur die Heilige Gees en bevestig deur die woord van God (Die Bybel). Die gebede is saamgestel uit 4 hoof kern vers gedeeltes uit die Bybel. Geskrifte soos.

“U woord is lewe vir die wat dit vind en genesing vir my hele liggaam”.

Alle behoeftes van die Kind van God word gedek in die gebede. Genesing, voorsorg teen siektes en beserings, beskerming, bevryding van binding en vloek, voorsiening van behoeftes, vryheid van probleme, vertroosting en self krag opbouing.

Die gebede dek alle aspekte van ’n Hemelse gebed.

  1. Herkenning aan die Godheid.
  2. Gee en ontvang van vergifnis.
  3. Neem en maak van beloftes vanaf en aan die Vader.
  4. Geloof bou, twyfel nie en ontvangs.
  5. Lofprysing en aanbidding aan die Godheid.
  6. Manifestasie van geloof.
  7. Bevestiging van aanvaarding van die Wil van God.
  8. Staan op die Bybel beloftes.
  9. Gebruik van die Krag van die Hemel en die Kruis.
  10. Bevestig en loof die Karakter en name van God die Almagtige.
  11. Bevestig danksegging en getuienis.
  12. Bring Teologie en Sielkunde bymekaar.
  13. Die gebede is gesalf en geseën.

Die temas van die gebede is gebaseer op Jakobus 5 verse 13 tot 18

Twee van die gebede konsentreer op die liggaam en verstand.

Waar geloof manifestasie, die inname van vloeistof is soos water of sappe.

  1. Die Voorskrif Gebed uit die Hemel vir VOORSORG TEEN siektes en beserings.

Geneem in Hoop, met Geloof, in liefde vir die voorsorg teen enige siektes en beserings, God sal ons gesond hou en weghou van enige ernstige beserings.

Die Voorsorg Gebed teen Siektes en Beserings vir u.

Die Voorsorg Gebed teen Siektes en Besering vir u gesin.

  • Die Voorskrif Gebed uit die Hemel vir Genesing.

Kan geneem of gegee word. Vir genesing van liggaam, verstand en gees. WORD GESOND

Vyf van die gebede kom saam met gebed kaarte wat geneem of gegee kan word as manifestasie van geloof.

Die Genesings Gebed vir Uself

Die Genesings Gebed vir Haar

Die Genesings Gebed vir Hom

  • Die Voorskrif Gebed uit die Hemel vir BESKERMING teen Vrees en Intimidasie.

Die gebed kaarte word geneem in Hoop, met Geloof, in liefde en om jou geplaas, as ’n ring van beskerming. Dit bring totale vrede en kalmte.

Die Beskerming Gebed vir uself

Die Beskerming Gebed vir u Familie of in groep verband

  • Die Voorskrif Gebed uit die Hemel vir BEVRYDING.

Die gebed kaarte word gegee in hoop, met geloof, in liefde en word om die gebed ontvang geplaas vir bevryding van binding of vloeke. Die antwoord: Bevryding word ontvang.

Die Bevryding Gebed vir Haar

Die Bevryding Gebed vir Hom.

  • Die Voorskrif Gebed uit die Hemel vir VRYHEID van probleme

Die gebed kaarte geneem in hoop, met geloof, in liefde en word om die dokumentasie wat die probleem verteenwoordig gepak. Vryheid van skuld, regs probleme, arbeid probleme ens. Die antwoord. Vryheid van die probleem.

Die Vryheid oor Probleme Gebed vir uself

Die Vryheid oor Probleme Gebed vir u Familie of Besigheid.

  • Die Voorskrif Gebed uit die Hemel, VOORSIENING van behoeftes.

Die gebed kaarte word geneem in hoop, met geloof, in liefde vir die voorsiening van al ons behoeftes, die kaarte word geplaas waar die behoefte is, in jou beursie vir finansies, in jou koskaste vir voorsiening van voedsel, ens.

Die antwoord : God voorsien in ons daaglikse behoeftes.

Die Voorsiening Gebed vir uself

Die Voorsiening Gebed vir u Familie of Besigheid

  • Die Voorskrif Gebed uit die Hemel, vir VERTROOSTING. Die gebed kaarte is Bybel boek merke, waar die geskrifte gemerk is vir vertroosting. Die antwoord: God genees jou gebroke hart en vertroos deur die Heilige Gees.

Hierdie manifestasie aksies mag kinderagtig voorkom! Maar Jesus se in Markus 10 vers 15

“ Elkeen wat die Koningryk van God nie soos ’n kind ontvang nie, sal dit nooit ingaan nie.”

En ook in Matt. 19 verse 13 tot 15

“ Aan sulkes behoort die Koningryk van die Hemele.”

En ook in Matt. 6 vers 33

“ Soek eers die Koningryk van God en dan sal al hierdie dinge vir u bygevoeg word”

God en Jesus wil geloof sien, die manifestasie aksies bou geloof binne in jou, sielkundig!

Die Vertroosting Gebed vir uself.

Die Vertroosting Gebed vir u Familie.

Dan is daar nog net die

  • Die Krag Gebed uit die Hemel. Die gebed het geen aksies nie, maar kan met oortuiging gereeld gebid word wanneer krag, bemoediging en vertroosting nodig is. Die antwoord, Krag uit die Hemel.

Die Krag Gebed

Die Krag gebed vir Ons

  • Die Dankseggings gebed. Die gebed om net dankie te se as jy ontvang het. Maar nog meer kragtig as jy dit bid voor jy ontvang.

Die Dankseggings Gebed: gebid deur u.

Die Dankseggings Gebed: gebid in groep verband

7 van die 9 gebede word geneem in hoop, met geloof, in liefde en 2 van die 9 gebede word gegee in hoop, met geloof, in liefde, volgens 1 Kor. 13 vers 13

“ Nou bly net hoop, geloof en liefde oor, maar die grootste hiervan die Liefde.”

Maak die gebede deel van jou daaglikse gebed lewe, hoe meer jy dit bid, hoe sterker sal jou geloof word!

5 van die 9 gebede kan gestaak word sodra God voorsien, bevry, beskerm, genees en vertroos het.

Maar maak die ander 4 deel van jou wapenrusting.

Voorsorg teen, Voorsien asb. die dank gebed en die Krag Gebed.

Let wel:

Die gebede moet nie jou normale gebed tyd van die verlede vervang nie. Jou persoonlike kommunikasie na die Hemel is baie belangrik, waar U somer lekker met Die Vader, Jesus en die Heilige Gees kan praat en ook kans gee dat Hul met jou praat. Natuurlik ’n twee rigting verkeer gebed! Gee kans dat God met jou praat. In my boek : “Ek het jou SO lief!” is daar ’n hoofstuk. Waarin bespreek word hoe God, Jesus en die Heilige Gees met jou praat. “ Hoe bepaal ek U Wil Heer?”

Natuurlik vereis die gebede roetine, uithou vermoë, geloof, geen twyfel en volharding in gebed.

Lukas 18 vers 1 “Bid sonder ophou”

Ken ook die telefoon nommer van die Hemel.

JEREMIA33.3

“Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie”.

Kom na die Hemel se OTM en kom en onttrek, jou of jou geliefde se voorsorg, genesing, bevryding, beskerming, voorsiening, jou vryheid van…, vertroosting en krag voorsiening.

Alles voorberei en verskaf aan jou van uit die Hemel!

Jesus, red, genees en Sy Bloed beskerm!

God is Groot en Goed. Altyd daar.

Die Heilige Gees stig, bemoedig en vertroos.

Waarskuwing:

Met hierdie gebede “ Gebede met geweldige Krag” is daar altyd ’n tipe waarskuwing. En as ek u nie waarsku nie kan Satan, sy demone en sy volgeling u probeer afskrik en verhoed om die gebede aan te hou bid.

Daarom moet U gebed roetine heg en uithou vermoë. Die koningryk van die duisternis sal alles in hulle mag probeer om jou te stop om die gebede te bid.

Om vir u twee voorbeelde te gee.

Die dag toe ek en my familie, die Voorskrif gebed van voorsorg teen siektes en besering begin bid, het ons dadelik siek geword met ’n verkoue en griep virus. (Dit was net Satan wat ons geloof wou toets of ons wou afskrik om voort te gaan met die kragtige gebed) maar ons het volhard in gebed, en die teenoor gestelde gedoen wat hy gedink het ons gaan doen, ons het oor beweeg na ’n meer kragtiger gebed. Die Voorskrif Gebed uit die Hemel vir Genesing.

Ons het die gebed elke 4 ure gebid, soos wat ons ’n dokter se voorskrif sou volg vir moderne medikasie. Na 12 ure het ons reeds begin beter voel en na 24 uur was ons genees van die simptome. En toe het ons weer terug gekeur na die Voorskrif Gebed vir voorsorg teen siektes en beserings.

Ook by die Voorskrif Gebed vir Bevryding.

Die gebed en die plaas van die gebed kaarte kan ’n aggressie en ongemaklikheid veroorsaak by die ontvanger van die gebed. Sodra die kaarte geplaas word in ’n bevryding ring om die persoon, gaan die demoon, of binding of self die vloek in gehok voel. Soos die kring voltooi word tydens die gebed , veral by die “ING” van BEVRYDING. Sal die binding of vloek manifesteer, maar u moenie skrik of geïntimideer word nie, gaan aan met die gebed en die plasing van die kaarte, ander persone kan saam met u bid, en sal natuurlik almal met olie gesalf word. Die olie simbolies van die Bloed van Jesus en die Krag van die Heilige Gees.

Die bloed van Jesus is die sterkste mag in die Heelal. Neem net u oorwinning in Jesus. Die vyand sal vlug!

Let wel. Die voorskrif gebede sal slegs effektief wees of resultate dra, wanneer:

  1. Jy jou verhouding herbou het met die Drie-eenheid.
  2. Gee en vra van vergifnis, gee van vergifnis aan almal wat teen jou gesondig het. En dit werklik bedoel!
  3. Glo in die vermoë van die Drie-eenheid.
  4. Glo die Bybel is die aktiewe woord van God.
  5. Glo soos ’n kind as jy die aksies van die manifestasie doen.
  6. Die Drie-eenheid bedank voor jy die vrugte van jou gebed sien.
  7. Wys geloof, bevestig ontvangs.
  8. Gebruik die Karakter en name van God in jou danksegging en lofprysing.
  9. Maak dood seker, jy bly by jou beloftes aan die Vader. Bv. Ek sal getuig van U goedheid aan my!
  10. Aanvaar die Wil van God in jou lewe.
  11. Aanvaar die antwoord wat jy ontvang, al is dit Nee. Die 

   Heilige Gees sal vertroos!

  1. Bid en moenie ophou nie! Bou gebed roetine.

Volg die voorskrifte, al klink dit kinderagtig.

  1. Bid die gebed hardop by jouself of vir ’n ander wat die gebed benodig. As jy jou skaam vir God, gaan Hy Hom skaam vir jou! Dit bou ook getuienis aan ander.
  2. Volg die opdragte na, al lyk dit of God nie vinnig genoeg antwoord nie. Ons tyd is nie God se tyd nie. Hy sal nie laat wees nie!
  3. Bly nederig in gebed en moenie bang wees om emosie te wys nie. “Trane” is die Hemel taal.
  4. Daar is wel woorde wat herhaal word, maar dit is daar om jou geloof te bou. Dit is daar om sielkundig jou op te bou. Dit bou geloof, en God en Jesus wil ’n mate van geloof sien.
  5. Bid, glo en twyfel nie en ontvang. Die 4 bronne wat die gebede vorm. Bid dit daagliks, glo wat jy bid, twyfel nie in God, Jesus en die Heilige Gees se vermoë nie. En maak net jou hand oop, en ontvang.

Jesus bevestig in Matt. 6 vers 8

“ Jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom kan vra!”

Maar die kode woord. Vra! In gebed, met geloof, twyfel nie, en ontvang.

Die geheim van ’n effektiewe gebed lewe soos genoem deur Jesus. Matt. 7 verse 7 tot 11

  • Vra in gebed en moenie opgee nie!
  • En verwag ’n antwoord!

Nou hoef julle nie meer versigtig te wees vir die waarskuwing vanaf Jakobus in Jak 4 verse 2 en 3.

“Julle het nie, omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid!”

Jy Bid nou volgens voorskrif. Bid die gebede, Vra God en jul sal ontvang!

Bekommer jou oor niks – Bid oor alles!

Aangeheg vind asseblief u voorskrif gebed wat vir u geskryf, gesalf en geseën is. Druk die gebed en die Kaarte uit, knip die kaarte uit, lamineer dit en vou dit vir gebruik.

Die Godheid in die Hemel sal U die antwoord stuur.

Die Here seen U! Stuur asb. u getuienis aan ons en vertel ons wat die Voorskrif Gebede vir u beteken het,

U kan ook die Eboek hier Aflaai !