Skip to main content

Paulus leer die Geesgevulde Romeinse Kerk hoe om te bid.

Rom 8:26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. 

  • Die Heilige Gees sal namens ons bid, wanneer ons nie self kan bid nie en slegs wanneer die doping van die Heilige Gees plaasgevind het.
  • Die Heilige Gees sal die bemiddelaar word.

1Kor 14:13  Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê. 

14  Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. 

15  Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. 

16  Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? 

17  Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie. 

  • Bid in die Heilige Gees en in tonge as jy met die Heilige Gees gedoop is.
  • Loof en aanbid God in tonge.
  • Wanneer jy in tonge bid, is jou verstand onvrugbaar.
  • Hierdie is die Geestelike kommunikasie tussen jou en God, die duiwel kan die gesprekke nie verstaan nie.

Efe 6:18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges 

  • Bid so gereeld jy kan.
  • Bid in die Heilige Gees en in tonge as jy met die Heilige Gees gedoop is.
  • Bly waaksaam gedurende gebed vir enige gees van duisternis en sy volgelinge.

Fili 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 

  • Bid tot God vir enige iets en alles, ongeag hoe groot of klein dit ookal mag wees.
  • Bid vir dit wat jy nodig het.
  • Bedank God asof jy dit alreeds ontvang het, want dit wys geloof.
  • Wys geloof en maak oop jou hand en ontvang.

Kol 4:2 Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging; 

  • Beoefen discipline tydens tye van gebed.
  • Wees waaksaam vir die werking van die Heilige Gees en die werking van die gees van duisternis.
  • Bid met ‘n dankbare hart.

Bid sonder ophou

1Tess 5:17  Bid sonder ophou. 

  • Bid voortdurend sonder ophou totdat jy ‘n antwoord ontvang het.

Paulus leer Timoteus oor gebed

1Ti 2:1  In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; 

2  vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. 

3  Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 

4  wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 

5  Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 

6  wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd, 

7  waartoe ek aangestel is as ‘n prediker en apostel—ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie—’n leraar van die heidene in geloof en waarheid. 

8  Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis. 

  • Bedank God altyd vir wat Hy nog gaan gee.
  • Versoek God se genade.
  • Bid vir verstand en waarheid.
  • Bid in die Naam van Jesus Christus.
  • God se gawe aan ons “ Die Goeie Nuus”.
  • Bevestig jou dissipelskap en jou bediening in die Koningkryk van God, om te leer, te doop, om geloof te wys (Manifesteer jou geloof deur aksies) en praat die waarheid.
  • Bid sonder woede.

Die Krag van Gebed.

Jak 5:13  Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing. 

14  Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. 

15  En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. 

16  Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag. 

17  Elía was ‘n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie; 

18  en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit. 

  • Bid vir die siek en die beseerdes = Gebed van Genesing (ook die Gebed vir Geloof)
  • Salf hulle met die Heilige Olie = Gebed van Beskerming
  • Bid met geloof = Gebed van Voorsorg
  • Bid en vergewe – gee en ontvang vergifnis = Bevrydingsgebed
  • Bid vir seëninge = Vryheid van probleme en voorsien asseblief gebede.

Sien Voorskrif Gebede vanuit die Hemel

Juda se Gebed

Jud 1:20  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid 

  • Bid met Geloof!
  • Bid soos deur die Heilige Gees aangewys word. (As jy die doping van die Heilige Gees ontvang het)

‘n Gebed van Lofprysing!

Jud 1:24  Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, 

25  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen. 

  • Eindig jou gebed altyd met ‘n lofprysing en aanbidding aan God.
  • En eindig jou gebed altyd met “Amen”

God & Jesus, dankie dat U ons leer hoe om te bid! Amen en Amen.

GEBEDS RAAD

Die Belangrikheid van ‘n Rein hart

Dit is baie belangrik dat ons uit ‘n rein hart tot God moet bid.  Ondersoek jou lewe biddend en vra die Heilige Gees om jou sensitief te maak,  sodat jy kan weet watter dinge daar in jou lewe is wat jy voor die Here moet bely.  Dit is belangrik om te onthou dat dit die taak van die Heilige Gees is om ons te wys op sonde wat nog nie bely is nie en ook dinge waarmee ons nog nie gebreek het nie. Moenie voortdurend soek na sonde in jou lewe nie,  maar indien die Heilige Gees jou aandag op iets vestig, maak dadelik werk daarvan.

Psalms 51:12 ‘Skep vir my  ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees’.

1 Timoteus 1:5 ‘Maar die doel van die gebod is liefde uit  ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof’.

2 Timoteus 2:22 ‘Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit  ‘n rein hart aanroep.

1 Petrus 1:22   As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit  ‘n rein hart’.