Skip to main content

Die Gebed werk tensame met Beskermings Kaarte wat jy uitdruk of dupliseer :

Vir Beskerming by Uself .
Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop by uself!

Bid daagliks, of so gereeld as benodig.
Die gebed stel die beskerming krag van die Bloed van Jesus vry, en
werk ook sielkundig met ons as mens. Die gebed kom saam met Krag
gebed kaarte, wat jy tydens die gebed om jou pak in ’n beskerming ring.
10 gebed kaarte wat gesalf en geseën is en wat BESKERMING uitspel,
word tydens gebed, geneem en geplaas vanaf die 3 uur posisie klok
gewys, dan 4uur, 5uur,7,8,10,11 en 12 uur posisies.


Laat die Vrede en Kalmte van die Hemel oor jou kom, sit ’n rukkie in
die beskerming kring na die gebed.
Vergroot dan stelselmatig die ring soos jy die vrede en kalmte
ervaar, bv. die volgende gebed, maak die kring groter, en weer
groter by die volgende bid sessie, bry die kring uit na die grense van
jou kamer, later na die grense van jou huis, ens
Die Hemel magte sal die vrees en intimidasie wegneem. Die enigste
vrees wat sal oorbly. Is die vrees (Respek) vir ’n Almagtige God!
Wees verseker. Jy pas nou die Kragtigste, Magtigste en sterkste
manifestasie van geloof toe in die Heelal in die gebed.
Jy aktiveer “Die Bloed van Jesus”
Van af: Die Spesialiste uit die Hemel en in jou!

VOORSKRIF GEBED VIR BESKERMING

Bid die gebed daagliks hard op vir jouself, of wanneer daar vrees of intimidasie
ondervind word. Die gebed mag afgelees word.
Neem die gebed kaarte en soos u die aksies Manifesteer ”Ek plaas dit” plaas die
kaarte om u soos ’n beskermde ring. Een kaart op elke uur van die horlosie. Die
baie kragtige gebed sal net ’n paar minute neem.


DIE GEBED.
Here. Ek kom na U Rots van beskerming in die wonderlike naam van Jesus
Christus U seun. Ek bevestig my geloof in U ,God my beskermheer. Ek bevestig
ook dat ek glo in die Bloed van Jesus wat die sterkste beskerming krag in die
Heelal is en die vertroostinge en leierskap krag van U Heilige Gees. Here, ek
bevestig dat ek my skuldenaars vergewe het, en vra U ook vir U vergifnis vir my sondes.


Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22
“Bring U woord lewe vir my verstand, gees en liggaam”
En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U woord lewend en kragtig en dring my liggaam, gees en verstand binne
soos ’n skerp mes en genees diep tot binne in my been murg”
en volgens Deuternomium 28 vers 22
”is Vrees en intimidasie onder die vloek van die wet”
Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13
“Jesus het my losgekoop van die vloek van die wet”


Here gee my vandag net my daaglikse brood, en bou in my, geen bekommernis
oor niks, maar laat ek na U kan kom in gebed met geloof en Bid oor Alles!

Met die bevestiging neem ek U voorskrif gebed ,voorgeskryf deur U, vir volle
beskerming van my liggaam, gees en verstand.

Here ek neem. – B – Psalm 27 vers 1

Ek het nie nodige om te vrees of intimidasie te voel nie, U is by my!
Ek plaas dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie my Heer.

Here ek neem. – E – Genesis 46 vers 3

Ek gaan nie meer bang wees nie, U is nou by my!
Ek plaas dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie vir U beskerming.

Here ek neem. – S – Psalm 138 vers 8

Here,U goedheid en guns is altyd oor my en sal vir ewig by my wees
Ek plaas dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie U is naby.

Here ek neem. – K – Efesiërs 6 verse 19 & 20

Here, U maak my vry van kettings van vrees!
Ek plaas dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie vir die vryheid.

Here ek neem. – E – Job 1 verse 6 en 12

Here, Satan en sy volgelinge is onder U mag!
Ek plaas dit, Ek sien dit, Ek glo dit, Dankie vir U krag.

Here ek neem. – R – Efesiërs 6 verse 11 tot 18

Here, ek trek die volle wapenrusting van God aan. veral die skuld van geloof.
Ek plaas dit, Ek hou dit vas, Ek glo dit, Dankie vir U wapenrusting.

Here ek neem. – M – Hebreërs 1 vers 8

Jesus, U Bloed is my GROOTSTE beskerming.
Ek plaas dit, Ek sien dit, Ek glo dit, Dankie Jesus vir U Kruis.

Here ek neem. – I – Handelinge 1 vers 8

Heilige Gees ek ontvang Krag van U af, Ek sal nie meer Vrees nie.
Ek plaas dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie O Skepper Gees.

Here ek neem. – N– Jakobus 5 vers 16

Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag!
Ek plaas dit, Ek bid dit, Ek glo dit, Dank U vir die gebed.

Here ek neem. – G– Psalm 46 verse 1 tot 3

Here, U maak my sterk en ek ervaar U rustigheid.
Ek plaas dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Baie dankie Here.
Here volgens Lukas 1 vers 37, “Is daar niks by U onmoontlik nie, so, alles is
by U moontlik”.


Dankie vir U BESKERMING.
Here, stort U seëninge oor my uit, vergroot my grondgebied, wees met my in
alles wat ek doen, neem my onder U beskerming en weerhou enige onheil van
my, sodat geen smarte my sal tref nie. Here hoor asseblief my nederige gebed
aan U.
Here, ek prys U vir U almag en U oorwinnings, ek loof U vir U krag en U
Majesteit.

Here, ek breek elke aktiwiteit van die Okkulte oor my lewe!
Ek breek elke familie vloek oor my!
Ek bind elke mag, besoedeling, plan of strategie wat Satan en sy volgelinge oor
my lewe het op die oomblik!
Ek bind en breek dit in die magtige krag van Jesus se Bloed!
Dit het geen meer mag oor my nie! Ek is gedoop in die Bloed van Jesus!
Here U is “Jehovah Nissi ” Die God, my Beskermheer.
Here U is “Jehovah Shalom” Die God, my Vrede.
Here U is “Jehovah Shammah” Die God, wat altyd by my is.


Dankie vir U liefde. Laat U wil geskied oor my lewe. Die Vrede wat U my nou
gee, gaan my verstand ten bowe, ek sal aan ander getuig van u BESKERMINGS
krag.


Amen en Amen


Op konsultasie vanaf die Hemelse Spreek kamers, vanaf God die Vader, Jesus die
Seun en die Heilige Gees. Die gebed is geskryf en met olie gesalf Vir My.

Aangeheg is die Beskermings Kaarte . Print . Knip en Laminate en Vou !

Salf die kaarte gereed , elke 7 dae as jy dit langer gebruik

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

GEBEDS RAAD

Bid met Geloof

Markus 11:22   ‘Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.

Markus 11:23   Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see – en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur – hy sal verkry net wat hy sê.

Markus 11:24    Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry’.

Moenie vir God voorskryf nie

Jesaja 55:8  ‘Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE.

Jesaja 55:9    Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. Word nou stil en sê vir die Here net een sinnetjie:

Here,  ek is u S’n’.  Maar voordat jy dit doen,  dink eers na presies wat jy daarmee bedoel’.