Skip to main content

Gen 20:7  Gee dan nou die man se vrou terug, want hy is ‘n profeet; en hy sal vir jou bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterwe, jy en almal wat aan jou behoort. 

8  Abiméleg is toe die môre vroeg op en het al sy dienaars geroep en die hele saak voor hulle ore vertel. Toe was die manne baie bang. 

9  En Abiméleg het Abraham laat roep en hom gevra: Wat het jy ons aangedoen? En wat het ek teen jou gesondig, dat jy oor my en my koninkryk ‘n groot sonde gebring het? Dinge wat nie mag gebeur nie, het jy my aangedoen. 

10  Verder sê Abiméleg vir Abraham: Wat was jou bedoeling dat jy dit gedoen het? 

11  En Abraham antwoord: Ek het gedink daar is regtig geen vrees vir God in hierdie plek nie, sodat hulle my oor my vrou sal doodmaak. 

12  En sy is ook werklik my suster; sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie; en sy het my vrou geword. 

13  En toe God my uit die huis van my vader laat omswerf het, het ek aan haar gesê: Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys—op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: Hy is my broer. 

14  Toe neem Abiméleg kleinvee en beeste, ook slawe en slavinne, en gee dit aan Abraham. Ook sy vrou Sara het hy aan hom teruggegee. 

15  En Abiméleg sê: Daar lê my land voor jou oop; woon waar dit goed is in jou oë. 

16  En vir Sara sê hy: Hier gee ek aan jou broer duisend sikkels silwer. Kyk, dit is vir jou ‘n bedekking van die oë met betrekking tot elkeen wat by jou is, sodat jy in elke opsig geregverdig is. 

17  Toe het Abraham tot God gebid, en God het Abiméleg gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar. 

Abraham het to God gebid as middellaar tot op vers 17 en ‘n gebed van vergifnis van vers 7 af.

  • Gebed bring vergifnis
  • Gebed bring Genesing

Isak het tot God gebid vir die vrugbaarheid van sy vrou, en God het hom drievoudig geantwoord.

Gen 25:21 En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het. 

  • Gebed bring veelvoudige antwoorde van God af. God seën ons meer oorvloedig as wat ons kan droom.

Hanna se gebed vir haar seun

1Sa 1:10  En bitter bedroef het sy tot die HERE gebid en bitterlik geween; 

11  en sy het ‘n gelofte gedoen en gesê: HERE van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd ‘n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie. 

12  En toe sy lank gebid het voor die aangesig van die HERE en Eli op haar mond ag gee— 

13  want Hanna het in haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word nie—het Eli gedink dat sy dronk was. 

14  En Eli sê vir haar: Hoe lank wil jy jou soos ‘n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg. 

15  Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is ‘n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die HERE uitgestort. 

16  Hou tog nie u dienares vir ‘n deugniet nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek. 

17  En Eli antwoord en sê: Gaan in vrede, en mag die God van Israel jou bede gee wat jy van Hom gebid het. 

  • In Gebed, maak beloftes aan God want dit wys motivering en dit   verwag ‘n antwoord van God.
  • Bid vir genesing vir jouself.
  • Gebed met trane en emosies is baie kragtig. Huil voor die Here, maar dit moet opreg wees. Trane is die taal van die Hemel. God verstaan jou trane.
  • Gebed in die gedagtes is toegelaat, maar die hardop gebed is meer kragtig.
  • Gebed is om jou hart voor die Here uit te stort.
  • Gebed in hartseer is welkom by God, maar na jou gebed moet jy opbeur en vreugdevol word want God gaan jou gebede beantwoord ~ jy moet net geloof hê.

Samuel se gebed aan God

1Sa 1:27  Om hierdie seun het ek gebid, en die HERE het my bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het. 

28  So staan ek hom dan ook af aan die HERE al die dae wat hy leef; hy is aan die HERE afgestaan. En hy het die HERE daar aanbid. 

  • God sal antwoord, jy moet net wag op die Here.
  • Hou jou beloftes wat jy aan die Here gemaak het tydens jou gebede, selfs al maak dit seer!

Dawid se gebed van danksegging

2Sa 7:18  Koning Dawid het toe ingegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, Here HERE, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het? 

19  En dit was nog te gering in u oë, Here HERE, sodat U ook aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek het; en dit is die wet vir mense, Here HERE! 

20  Maar wat sal Dawid nog verder met U spreek? want U ken u kneg, Here HERE. 

21  Ter wille van u woord en volgens u hart het U hierdie hele groot saak gedoen, om dit aan u kneg bekend te maak. 

22  Daarom is U groot, HERE God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het. 

23  En wie is soos u volk, soos Israel, ‘n enige nasie op die aarde, wat God vir Hom as ‘n volk gaan verlos het, en om vir Hom ‘n naam te maak; en om groot dinge te doen vir hulle en vreeslike dinge aan u land voor u volk uit wat U verlos het vir U van Egipte, van die heidene en hulle gode? 

24  En U het u volk Israel vir U bevestig as ‘n volk vir U tot in ewigheid; en U, HERE, het vir hulle ‘n God geword. 

25  Laat dan nou, HERE God, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, in vervulling gaan tot in ewigheid, en doen soos U gespreek het; 

26  sodat u Naam groot kan wees tot in ewigheid deurdat hulle sê: Die HERE van die leërskare is God oor Israel; en die huis van u kneg Dawid sal voor u aangesig bestendig wees. 

27  Want U, HERE van die leërskare, God van Israel, het die oor van u kneg geopen en gesê: Ek sal vir jou ‘n huis bou; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om hierdie gebed tot U te bid. 

  • Kom na God toe in gebed soos jy gemaklik voel, sittend, staande, knielende of selfs terwyl jy lê.
  • Prys God omdat Hy na hierdie gebed luister.
  • Bedank Hom omdat hy nog altyd in die verlede na jou omgesien het.
  • Bedank God vir die beloftes in Sy Woord (die Bybel) wat hy vir almal vrylik gee.
  • Bevestig dat God jou en jou hele liggaam beter as enige ander een ken.
  • Jy het volgens God se wil in die verlede ontvang, en jy sal steeds volgens God se wil in die toekoms ontvang.
  • Loof en prys God vir Sy goedheid en genade.
  • Dank God vir die wonderwerk wat oppad is in jou lewe.
  • Bevestig dat God die groot Beskermer is.
  • Bedank God vir jou familie en vriende.
  • Bevestig dat jy verlore sonder God in jou lewe is.
  • Dank God vir die Hemel en vir die Ewige Lewe.
  • Bevestig dat die Woord van God die enigste Waarheid is.
  • Vra vir Sy seëninge.
  • Vra vir God om jou eiendom uit te brei.
  • Dank God vir Sy seëninge aan jou.

Salomo se gebed van toewyding

1Kon 8:22  Toe het Salomo voor die altaar van die HERE gaan staan, teenoor die hele vergadering van Israel, en sy hande uitgebrei na die hemel 

23  en gesê: HERE, God van Israel, daar is bo in die hemel of onder op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart, 

24  wat vir u kneg, my vader Dawid, u belofte aan hom gehou het; ja, met u mond het U dit gespreek en met u hand volbring soos dit vandag is. 

25  Hou nou ook, HERE, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit ‘n man voor my aangesig ontbreek wat op die troon van Israel sal sit nie as jou seuns net hulle weg in ag neem deur te wandel voor my aangesig soos jy voor my aangesig gewandel het. 

26  Laat dan nou, o God van Israel, u woord tog waargemaak word wat U gespreek het tot u kneg, my vader Dawid. 

27  Maar sou God werklik op die aarde woon? Kyk, die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het. 

28  Wend U dan tot die gebed van u kneg en tot sy smeking, HERE my God, deur te luister na die geroep en die gebed wat u kneg vandag voor u aangesig bid; 

29  sodat u oë oop mag wees nag en dag oor hierdie huis, oor die plek waarvan U gesê het: My Naam sal daar wees! sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid. 

30  Luister dan na die smeking van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor elke gebed na u woonplek, na die hemel toe, en as U dit hoor, vergewe dan. 

31  As iemand teen sy naaste sondig en hulle hom ‘n eed oplê om hom tot selfvervloeking te bring en hy voor u altaar in hierdie huis kom sweer, 

32  wil U dan hoor in die hemel en handel en u knegte reg verskaf deur die skuldige skuldig te verklaar en sy wandel op sy hoof te lê en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy geregtigheid. 

33  As u volk Israel verslaan word voor ‘n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, en hulle hul tot U bekeer en u Naam bely en tot U bid en smeek in hierdie huis, 

34  wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u volk Israel vergewe en hulle terugbring na die land wat U aan hulle vaders gegee het. 

35  As die hemel toegesluit bly, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U gesondig het, maar hulle na hierdie plek toe bid en u Naam bely en van hulle sonde hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig, 

36  wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk Israel vergewe—want U leer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel—en gee reën op u land wat U aan u volk as ‘n erfenis gegee het. 

37  As daar hongersnood is in die land, as daar pes is, as daar brandkoring, heuningdou, sprinkane, kaalvreters is, as sy vyand hom in die land, in sy poorte dit benoud maak, watter plaag, watter siekte ook al, 

38  enige gebed, enige smeking wat enigeen van u hele volk Israel sal doen, as elkeen die plaag van sy hart ken, sodat hy sy hande na hierdie huis toe uitbrei— 

39  wil U dan hoor in die hemel, u vaste woonplek, en vergewe en handel en aan elkeen gee volgens sy weë, U wat sy hart ken—want U alleen ken die hart van al die mensekinders— 

40  sodat hulle U kan vrees al die dae wat hulle leef in die land wat U aan ons vaders gegee het. 

41  Ja, ook na die uitlander wat nie van u volk Israel is nie, en uit ‘n ver land ter wille van u Naam kom— 

42  want hulle sal hoor van u grote Naam en u sterke hand en u uitgestrekte arm—as hy kom en bid na hierdie huis toe, 

43  wil U dan hoor uit die hemel, u vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat al die volke van die aarde u Naam mag ken, om U te vrees soos u volk Israel, en mag gewaar word dat u Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het. 

44  As u volk uittrek in die oorlog teen sy vyand op die pad waarop U hulle stuur, en hulle bid tot die HERE in die rigting van die stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het, 

45  wil dan in die hemel hulle gebed en hulle smeking hoor en aan hulle hul reg verskaf. 

46  As hulle teen U sondig—want daar is geen mens wat nie sondig nie—en U op hulle toornig is en hulle aan ‘n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer na die land van die vyand, ver of naby, 

47  en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van die wat hulle weggevoer het, en sê: Ons het gesondig en verkeerd gehandel, ons was goddeloos— 

48  en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel, in die land van hul vyande wat hulle weggevoer het, en hulle bid tot U in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, van die stad wat U verkies het, en die huis wat ek vir u Naam gebou het, 

49  wil dan in die hemel, u vaste woonplek, hulle gebed en hulle smeking hoor en aan hulle hul reg verskaf, 

50  en vergeef u volk wat hulle teen U gesondig het, ja, al hulle oortredinge wat hulle teen U begaan het; en laat hulle barmhartigheid vind voor die wat hulle weggevoer het, dat dié hulle barmhartig kan wees. 

51  Want hulle is u volk en u erfdeel wat U uit Egipte uitgelei het uit die ystersmeltoond. 

52  Mag u oë dan oop wees vir die smeking van u kneg en vir die smeking van u volk Israel, om na hulle te luister so dikwels as hulle U aanroep. 

53  Want U het hulle vir U as erfdeel afgesonder uit al die volke van die aarde, soos U deur die diens van u kneg Moses gespreek het toe U, Here HERE, ons vaders uit Egipte uitgelei het. 

54  Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed en smeking tot die HERE te bid, het hy voor die altaar van die HERE opgestaan uit sy knielende houding, met sy hande na die hemel uitgebrei; 

  • Wys respek (Vrees) vir God.
  • Loof God.
  • Bedank God omdat Hy Sy beloftes hou.
  • Herinner God aan Sy wonderlike beloftes aan jou.
  • Maak nederige en ernstige versoeke in gebed.
  • Bevestig dat God die Regverdige Regter is.
  • Bid en bedank God vir Sy Skepping, die reën, die sonskyn en meer.
  • Vra God om jou te leer.
  • Dank God vir Sy wonderwerke in jou lewe, noem hulle een vir een.
  • Bevestig dat jy voor Sy strawwe sal buig.

Elia se Gebed vir Reën – Seëninge van God

1Kon 18:41  Toe sê Elía vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën! 

42  En Agab het opgetrek om te eet en te drink; maar Elía het op die top van die Karmel geklim en hom op die grond neergebuig en sy aangesig tussen sy knieë gesteek. 

43  Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer—sewe maal. 

44  En die sewende maal roep hy: Daar gaan ‘n wolkie soos ‘n man se hand op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie. 

45  En in ‘n oogwink was die hemel swart van wolke en wind, en ‘n groot reën het gekom; en Agab het op die wa geklim en weggetrek na Jísreël; 

46  maar die hand van die HERE was oor Elía, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na Jísreël. 

  • God sal Sy antwoord aan jou stuur. Getuig aan ander wat God vir jou gedoen het.
  • Hê en wys geloof.
  • Hê en wys respek aan God.
  • Manifesteer jou Geloof.
  • Wag vir antwoorde van God af, moenie opgee nie.
  • Verwag ‘n wonderwerk, God antwoord altyd in die veelvoud.

n Baie kragtige versteekte gebed in die Bybel

Jabes se gebed

1Kron 4:9  En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar. 

10  En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het. 

  • Vra God vir seëninge in oorvloed.
  • Vra God om jou grondgebied te vergroot.
  • Vra God om jou te beskerm en saam jou te wees in alles wat jy doen.
  • Vra God om jou te weerhou van onheil.
  • Dank God omdat Hy jou gebedsversoeke verhoor.
  • ‘n Versoek asook ‘n gebed.

Koning Dawid se Gebed tot God.

1Kron 29:10  En Dawid het die HERE geloof voor die oë van die hele vergadering, en Dawid het gesê: U sy geloofd, HERE, God van ons vader Israel van ewigheid tot ewigheid. 

11  Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles. 

12  En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak. 

13  En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam. 

14  Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee. 

15  Want ons is vreemdelinge en bywoners voor u aangesig soos al ons vaders; ons dae op die aarde is soos ‘n skaduwee, en daar is geen verwagting nie. 

16  HERE onse God, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir u heilige Naam, ‘n huis te bou—dit kom uit u hand en dit behoort alles aan U. 

17  En ek weet, my God, dat U die hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het. 

18  HERE, God van Abraham, Isak en Israel, ons vaders, bewaar dit vir ewig, so ‘n gesindheid in die gedagtes van die hart van u volk, en rig hulle hart tot U; 

19  en gee aan my seun Salomo ‘n volkome hart om u gebooie, u getuienisse en u insettinge te hou, en om alles te doen en om die paleis te bou wat ek voorberei het. 

  • Loof en prys God voor ander mense, selfs voor sondaars.
  • Loof God vir Sy Grootheid en Krag.
  • Bevestig dat God in beheer van alles is.
  • Alles is in God se hande.
  • Bevestig dat God jou hart en gedagtes ken.
  • Bevestig dat God oor jou waak hou.
  • Bevestig dat God jou liefhet.
  • Manifesteer jou lofprysing en aanbidding.  M.a.w om te buig voor God.

Koning Salomo se Gebed

2Kron 6:14  en gesê: HERE, God van Israel, daar is in die hemel of op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart, 

  • As ‘n Kind van God, juig in jou seëninge.
  • Dank God vir Sy onfeilbare Liefde.

Nehemia se Gebed vir vergifnis en seëninge

Neh 1:4  En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel 

5  en gesê: Ag, HERE, God van die hemel, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat U liefhet en u gebooie onderhou— 

6  laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek vandag voor u aangesig bid, dag en nag, vir die kinders van Israel, u knegte, terwyl ek die sondes van die kinders van Israel bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig. 

7  Ons het baie verkeerd gehandel teenoor U, en ons het die gebooie en insettinge en verordeninge wat U aan Moses, u kneg, beveel het, nie gehou nie. 

8  Dink tog aan die woord wat U aan Moses, u kneg, beveel het, naamlik: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi; 

9  maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen—al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon. 

10  Hulle is tog u knegte en u volk wat U verlos het deur u grote krag en deur u sterke hand. 

11  Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker van die koning. 

  • Roep tot die Here.
  • Vas vir dae.
  • Loof en aanbid die Here.
  • Vra God om na jou smekinge te luister.
  • Bely jou sondes en vra vir vergifnis.
  • Vra God vir Sy beskerming en om jou red uit jou probleme uit.
  • Vra vir sukses en seëninge.
  • Bevestig aan God dat jy Sy dienskneg sal wees.

Nehemia se Gebed tot die Here

Neh 9:6  U is alleen die HERE, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is, en U hou dit alles in die lewe, en die leër van die hemel buig hulle voor U neer. 

7  U is die HERE, die God wat Abram uitverkies het en hom uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het en sy naam tot Abraham gemaak het. 

8  En U het sy hart getrou bevind voor u aangesig, en U het met hom die verbond gesluit om die land te gee van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete en Feresiete en Jebusiete en Girgasiete, om dit aan sy nageslag te gee; en U het u woorde vervul, want U is regverdig. 

9  En U het die ellende van ons vaders in Egipte aangesien en hulle geroep by die Skelfsee gehoor, 

10  en U het tekens en wonders gedoen aan Farao en aan al sy dienaars en aan die hele volk van sy land; want U het geweet dat hulle vermetel teen hulle gehandel het, en U het vir U ‘n Naam gemaak soos dit vandag is. 

11  En die see het U voor hulle geklowe, sodat hulle op droë grond dwarsdeur die see getrek het; maar hulle vervolgers het U in die kolke gewerp soos ‘n klip in sterk waters. 

12  En U het hulle gelei met ‘n wolkkolom bedags en met ‘n vuurkolom snags om die pad vir hulle te verlig waar hulle langs moes trek. 

13  En op die berg Sinai het U neergedaal en met hulle gespreek uit die hemel, en U het aan hulle regte verordeninge en betroubare wette, goeie insettinge en gebooie gegee. 

14  En u heilige sabbat het U aan hulle bekend gemaak, en gebooie en insettinge en ‘n wet deur die diens van u kneg Moses hulle beveel. 

15  En U het hulle brood gegee uit die hemel vir hulle honger en water vir hulle uit die rots laat uitkom vir hulle dors, en aan hulle gesê om die land in besit te gaan neem waaromtrent U u hand opgehef het om hulle dit te gee. 

16  Maar hulle, naamlik ons vaders, het vermetel gehandel en hulle nek verhard en nie na u gebooie geluister nie; 

17  ja, hulle het geweier om te luister en nie gedink aan u wonders wat U by hulle gedoen het nie; maar hulle het hul nek verhard en in hul wederstrewigheid ‘n hoof aangestel om terug te gaan na hulle slawerny. Maar U is ‘n God van vergewing, genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie. 

18  Selfs toe hulle ‘n gegote kalf vir hulle gemaak en gesê het: Dit is jou gode wat jou uit Egipte laat optrek het! —en hulle groot, afskuwelike dinge gedoen het, 

19  het U in u grote barmhartigheid hulle tog nie verlaat in die woestyn nie; die wolkkolom het nie bedags van hulle gewyk om hulle op die pad te lei nie, en die vuurkolom ook nie snags om vir hulle die pad te verlig waar hulle langs moes trek nie. 

20  En u goeie Gees het U gegee om hulle te onderrig, en u manna het U nie van hulle mond teruggehou nie en aan hulle water gegee vir hulle dors. 

21  En veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie; hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie. 

22  En U het aan hulle koninkryke en volke gegee en dié volgens bepaalde grense verdeel; en hulle het die land van Sihon, ja, die land van die koning van Hesbon, en die land van Og, die koning van Basan, in besit geneem. 

23  En U het hulle kinders vermenigvuldig soos die sterre aan die hemel en hulle in die land ingebring waarvan U aan hulle vaders gesê het dat hulle sou ingaan om dit in besit te neem. 

24  En die kinders het ingegaan en die land in besit geneem, en U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, voor hulle onderwerp en dié in hulle hand gegee, hulle konings sowel as die volke van die land, om met hulle te handel soos hulle dit goedvind. 

25  En hulle het versterkte stede en ‘n vet land ingeneem, en huise in besit geneem vol allerhande goeie dinge, uitgekapte putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte, en hulle het geëet en versadig en vet geword en weelderig gelewe deur u grote goedheid. 

26  Maar hulle het wederstrewig en opstandig geword teen U en u wet agter hulle rug gewerp; en u profete wat hulle gewaarsku het, om hulle na U terug te bring, het hulle gedood en groot, afskuwelike dinge gedoen. 

27  Daarom het U hulle oorgegee in die hand van hulle teëstanders, dat dié hulle in benoudheid sou bring. Maar wanneer hulle in die tyd van hulle benoudheid U aangeroep het, het U uit die hemel gehoor en na u grote barmhartigheid aan hulle verlossers gegee, dat dié hulle uit die hand van hul teëstanders kon verlos. 

28  Maar sodra hulle rus gehad het, het hulle weer kwaad gedoen voor u aangesig, en U het hulle oorgelewer in die hand van hul vyande, dat dié oor hulle sou heers; as hulle U dan weer aanroep, het U uit die hemel gehoor en hulle na u barmhartigheid baiekeer gered. 

29  En U het hulle gewaarsku om hulle na u wet terug te bring, maar hulle het vermetel gehandel en nie geluister na u gebooie nie, en teen u verordeninge, daarteen het hulle gesondig, waarvan geld dat ‘n mens dit moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en hulle het ‘n wederstrewige skouer gegee en hulle nek verhard en nie geluister nie. 

30  En U was baie jare lankmoedig oor hulle, en U het hulle gewaarsku deur u Gees, deur middel van u profete; maar hulle het geen gehoor gegee nie. Daarom het U hulle oorgegee in die hand van die volke van die lande. 

31  Maar in u grote barmhartigheid het U hulle nie volkome vernietig en hulle nie verlaat nie, want U is ‘n genadige en barmhartige God. 

32  Onse God, groot, magtige en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou, laat dan nou al die moeilikheid nie gering wees voor u aangesig nie wat ons, ons konings, ons owerstes en ons priesters en ons profete en ons vaders en u hele volk oorgekom het van die dae van die konings van Assur af tot vandag toe. 

33  Maar U is regverdig in alles wat oor ons gekom het; want U het getrou gehandel, maar ons het goddeloos gehandel; 

34  en ons konings, ons owerstes, ons priesters en ons vaders het u wet nie volbring en na u gebooie en u getuienisse waarmee U hulle gewaarsku het, nie geluister nie. 

35  En hulle het in hul koninkryk en by u groot seën wat U hulle geskenk het, en in die wye en vet land wat U aan hulle oorgegee het, U nie gedien nie en hulle nie van hul verkeerde handelinge bekeer nie. 

36  Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet—daarin is ons slawe. 

37  En dit vermeerder sy opbrings vir die konings wat U oor ons gestel het om ons sondes ontwil, en hulle heers oor ons liggame en oor ons vee na hulle willekeur, en ons is in ‘n groot benoudheid. 

38  Maar op grond van dit alles sluit ons ‘n vaste verbond en beskryf dit; en op die verseëlde stuk het ons owerstes, ons Leviete, ons priesters geteken. 

  • Bid saam as ‘n groep of kerk.
  • Bid en vas.
  • Word nederig voor God.
  • Spandeer tyd met God in gebed.
  • Loof en aanbid die Here.
  • Bevestig God se Name. Die God wat voorsien, genees, beskerm, voorsien van seëninge en oor jou waak.
  • Gebruik die Griekse en Hebreeuse Name van God in gebed. Byvoorbeeld: Jehovah Shammah en Yahweh Nissi.

God gee aan ander bevele om jou te seën.

Job 42:8  Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring ‘n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie. 

9  Toe het Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos die HERE aan hulle gesê het; en die HERE het Job in guns aangeneem. 

  • God sal jou heilig.
  • God sal mense gebruik om jou te seën.
  • God sal in meervoud en oorgenoeg gee.
  • Wees dankbaar vir wat jy het.
  • Loof God in die goeie en slegte tye van jou lewe.

Die Psalmis sing ‘n gebed.

Psalm 4:1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. ‘n Psalm van Dawid. 

2 As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed! 

  • Versoek ‘n antwoord van God.
  • Bevestig dat God ‘n regverdige God is.
  • Bevestig dat jy geloof het in God se vermoëns.
  • Vra vir God vir genade in jou lewe.

Die Psalmis sê

Psa 65:2  Aan U kom ‘n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word. 

  • God antwoord gebede.

God sê Hy sal sy oë vir ons wegsteek as ons bid met sonde in ons lewens.

Jes 1:15  En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. 

  • God sal nie op gebed reageer wanneer die gebed in sonde gedoen is en sonde wat opsetlik gedoen is nie.

Jesaja bevestig aan God

Jes 38:5 Gaan sê vir Hiskía: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien; kyk, Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg, 

  • God hoor alle gebede.
  • Hy sien al die trane.
  • Hy sal jou liggaam, gees en verstand genees.
  •  

God se belofte as ons bid.

Jes 56:7  hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke. 

  • God sal jou gebede ter harte neem.
  • Hy sal vreugde en vrede gee na die gebed.
  • Hy sal jou, jou sondes vergewe.
  • Hy sal jou lofprysing en aanbidding aanvaar.
  • Jy sal welkom in die huis van gebed wees.

Jeremia se Gebed aan die Here

Jer 14:7  Hoewel ons ongeregtighede teen ons getuig, o HERE, doen dit om u Naam ontwil; want ons afkerighede is baie, ons het teen U gesondig. 

8  o Verwagting van Israel, sy Verlosser in tyd van benoudheid! Waarom sou U wees soos ‘n vreemdeling in die land en soos ‘n reisiger wat uitdraai om te vernag? 

9  Waarom sou U wees soos ‘n man wat verslae is, soos ‘n held wat nie kan verlos nie? U is tog in ons midde, o HERE, en u Naam is oor ons uitgeroep. Verlaat ons nie! 

10  So sê die HERE van hierdie volk: Só het hulle daarvan gehou om te swerwe, hulle het hul voete nie teruggehou nie; daarom het die HERE geen behae in hulle nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en hulle sondes besoek. 

11  Verder het die HERE vir my gesê: Bid nie vir hierdie volk ten goede nie. 

  • Ons sondes sal deur God verwyder word, voordat ons na God gaan in gebed moet ons eers om vergifnis te vra vir ons sondes.
  • God sal nie na die gebede luister van diegene wat opsetlik sondig nie.

Daniel se Gebed aan die Here

Dan 9:3  En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy. 

4  En ek het tot die HERE my God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, 

5  ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk. 

6  En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie. 

7  Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het. 

8  Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons teen U gesondig het. 

9  By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan 

10  en na die stem van die HERE onse God nie geluister om te wandel in sy wette wat Hy ons deur die diens van sy knegte, die profete, voorgehou het nie. 

11  Maar die hele Israel het u wet oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestort wat geskrywe is in die wet van Moses, die kneg van God, want ons het teen Hom gesondig. 

12  En Hy het sy woorde in vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters wat ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie; 

13  soos in die wet van Moses geskrywe is—al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die HERE onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie. 

14  Daarom was die HERE wakker oor die onheil, om dit oor ons te bring; want die HERE onse God is regverdig by al sy werke wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie. 

15  Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met ‘n sterke hand uitgelei en vir U ‘n Naam gemaak het soos dit vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos. 

16  o Here, laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid van u stad Jerusalem, u heilige berg, afgewend word, want om ons sondes en die ongeregtighede van ons vaders ontwil is Jerusalem en u volk ‘n voorwerp van versmading vir almal rondom ons. 

17  Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê. 

18  Neig u oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid. 

19  Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep. 

Gabriel Brings an Answer

20  Terwyl ek nog spreek en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en my smeking voor die aangesig van die HERE my God neerwerp, ter wille van die heilige berg van my God, 

21  terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, ‘n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer. 

22  En hy het my onderrig en met my gespreek en gesê: Daniël, nou het ek heengegaan om jou insig te gee. 

23  By die begin van jou smekinge het ‘n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is ‘n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig. 

  • Gebed wat in sak en as gebid word en selfs om te vas is ‘n goeie gebedsinstrument.
  • Word nederig voor God.

GEBEDS RAAD

Waak en Bid

Hierdie is ‘n tyd van geestelike waarneming,   om geestelik bedag te wees op sake waarvoor daar gebid moet word.      Dit sal daartoe lei dat jy sal bid vir ander se behoeftes en sekere van jou eie behoeftes.  Jy stel jou in op die Here en wag op die Heilige Gees oor spesifieke sake wat op jou hart gelê word,  en bid dan daarvoor. Hierdie is ‘n tyd om nugter en wakker te wees ten opsigte van aanslae van die Bose. Paulus leer ons om te waak en bid.  Kol. 4 : 2.  Satan sal probeer om jou te verwar en te verhinder om te bid sodat jy nie konsentreer nie. Wees bedag daarop.