Skip to main content

Om bekommerd te wees is een van ons menslike emosies wat Satan die meeste teen ons Christene gebruik. Ons bekommer ons oor alles.

Ons is bekommerd oor wat ander mense van ons sê, ons is bekommerd oor wat ons gaan aantrek, eet, drink; ons is tot bekommerd oor die volgende ding wat ons gaan doen. Ons is bekommerd oor ons finansies, ons ouderdom en oudag, oor die toekoms en ons is selfs ook bekommerd oor ons verlede. Sal ek deur my familie en vriende aanvaar word?  Ons is bekommerd oor ons gesondheid.

Ons is bekommerd oor iets elke minuut van die dag.

Waarom is hierdie emosie die hoofsaaklike rede vir ‘n groot persentasie van ons siektes? Bekommernisse verander in verskeie lewensbedreigende siektes, soos maagsere, stresaanvalle, paniekaanvalle, hipertensie, beroertes en selfs hartaanvalle.

En dit is presies wat Satan wil hê.

Hy plaas elke minuut, uurliks, daagliks talle idees in ons koppe, waaroor ons dan bekommerd raak.

Ek is skoon bekommerd nou oor al jou bekommernisse.

Hoekom is ons as Christene dan oor enige iets bekommerd? Die rede is baie eenvoudig.

Ons vertrou nie ons God nie. God Almagtig, die Skepper van die hele Heelal.

Dieselfde God wat die see, die land, die bome, die planete, die son, die riviere, al die diere en ook vir my en jou geskape het.

Ongeloof is die enigste rede waarom ons bekommerd oor enigiets sal wees.

Kom ons kyk waaroor Jesus bekommerd was. Hy praat oor hierdie onderwerp in Sy 1ste preek op die berg.

Bekommernisse is ons lewens, ja, die enkele grootste emosie waarmee ons worstel.

Mat 6:25  Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? 

26  Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? 

27  Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? 

28  En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; 

29  en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie. 

30  As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges? 

31  Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 

32  Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 

33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 

34  Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. 

Mat 21:21  Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see—sal dit gebeur. 

22  En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo. 

My antwoord is baie eenvoudig; plaas jou geloof op iets wat jy kan sien.

Manifesteer jou geloof, sit jou geloof in aksie.

Begin met iets klein,

1 Kor 3:5  Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het. 

6  Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. 

7  So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. 

8  Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. 

9  Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle. 

Ons plant en water, maar God maak die saad van Geloof groei.

Jesus sê, moenie bekommerd wees oor die klein materialistiese dinge nie, daar is meer in die lewe as net dit.

Kyk na die diere, God voorsien vir hulle.

Jesus noem ons “kleingelowiges” Hy vergelyk ons met die goddelose.

Ja hospitale is vol Christene; siek pasiënte sonder geloof.

God kan genees, Hy het in die verlede, en Hy sal nogsteeds genees in die toekoms. Maar die geheim van die Hemel is om te Bid, glo en ontvang.

Sonde staan tussen hulle en God.

Hierdie sonde in ons lewens is die hoofrede hoekom ons weg beweeg het van God. Dit veroorsaak dat ons op ons eie vermoëns begin staat maak om in ons daaglikse behoeftes te voorsien. Miskien is ons gelukkig en dit gaan goed met ons vir jare. Maar dan begin die bekommernisse en finansiële probleme kom dan na ons kant toe, maar sonder ‘n verhouding met die Drie-Eenheid, gaan bekommernis voortgaan om paniekaanvalle te veroorsaak. Paniekaanvalle word beroertes en beroertes verander na ‘n hartaanval.

Jesus verklaar ook in

Mat 6:8  Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. 

Die sleutel woord is “vra”. Bid, hê geloof en ontvang.

Om te bid is maklik as jou verhouding met die Drie-Eenheid herstel is. Jesus het selfs ‘n model-gebed gegee aan die wat nie kan bid nie.

 Mat 6:9 hierdie dan is hoe julle moet bid:

Onse Vader wat in die hemel is:

Mag U Naam verheerlik word?

Mag U Koningkryk kom:

Mag U wil geskied net soos op die aarde soos in die hemel.

Gee ons vandag ons daaglikse brood.

Vergewe ons ons sondes,

Soos ons die vergewe wat teen ons gesondig het.

Begin om jou verhouding met die Drie-Eenheid te vernuwe, herstel jou Mosterdsaadjie geloof, en begin om met God te kommunikeer deur gebed.

Jesus verklaar:

“Ons het nie, want ons vra nie en ons ontvang nie, want ons bid nie.”

Ons probleem is ons gebroke verhouding met die Drie-Eenheid, God die Vader, Jesus Christus die Seun en die Heilige Gees. Ons het nodig om ons verhouding te herstel.

Neem die 12 stappe na die Hemel. En herstel hierdie dinamiese verhouding hoe gouer hoe beter.

Stap 1: Erken jy is ‘n sondaar.

Stap 2: Draai weg van sonde af.

Stap 3: Aanvaar Jesus Christus as jou Redder.

Stap 4: Geloof in die Drie-Eenheid.

Stap 5: Gee en ontvang vergifnis.

En hou so aan totdat jy die uiteindelike stap bereik het = Stap 11 Geseël vir die Ewigheid. “ Apart gestel as Heilige vir die HERE”

Jesus staan Huidiglik voor jou Hart se deur, Hy klop, en Sy stem is duidelik, laat my inkom en die verhouding kom herstel.

Jesus verklaar is:

Matt 6 v 33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 

Waar is hierdie Koningkryk? En hoe vind ek dit?

Hier is die 12 Stappe na die Hemel.

Volg elke stap en bemeester dit ten volle, stap-vir-stap, glo, moenie bekommerd wees nie en ontvang.

Begin om God te vertrou vir die klein (In jou oë) goedjies. Byvoorbeeld: As jy bid vir ‘n bevordering by jou werksplek, of selfs ‘n verhoging in jou salaris.

Gaan koop ‘n nuwe beursie of ‘n nuwe brood blik. Plaas dit in maklik sigbare plekke in jou leefareas, en elke keer as jy bid, wys na die item toe. Om te sien is glo en God sal voorsien, God sal die daad maak groei. En God sal antwoord en so beweeg jy aan na groter dinge toe, dag-na-dag en jou geloof sal groei.

Bid, hê geloof, moenie bekommerd wees nie en ontvang.

Onthou om God te dank vir die antwoord, selfs al het jy dit nog nie ontvang nie. Wys jou geloof in ons Groot God.

“Dankie God, U het alreeds die bevordering wat perfek vir my is, in plek vir my geskuif, Loof U Magtige Naam.”

Dan die wonderlike ding wanneer ons in geloof bid!

Maak jou hand oop en ontvang!

Eendag sal jy terug kyk en lag vir hierdie dinge waaroor jy bekommerd was.

Hoekom was ek so stupid om oor alles bekommerd te wees en oor niks te bid nie?

Hoekom is ek steeds bekommerd oor alles, en bid ek oor niks.

Doen die teenoorgestelde

Wees bekommerd oor niks en Bid oor alles!

Bid, en vra selfs vir die kleinste goed, God weet wat jy nodig het, vra net, dit is alreeds beplan.

Die sleutelwoorde

  1. Bid in die wil van God.
  2. Herstel jou verhouding met God.
  3. Bid.
  4. Moenie bekommerd wees nie.
  5. Wag vir God se antwoord.
  6. Aanvaar God se antwoord.
  7. Bid sonder om op te gee.
  8. Bedank God vir voorsiening, selfs wanneer jy nog nie ontvang het nie.

Die antwoord is beplan, en sal binnekort by jou wees.

GEBEDS RAAD

Maak tyd vir gebed

Ons stiltetyd word nie aan die horlosie gemeet nie,  hoewel die tyd daaraan gespandeer ‘n belangrike deel  daarvan is.  Die vermoë om  ons in afwagting  te verootmoedig  is in essensie deel van ons gemeenskap met God. Dit is waar dat opgetekende gebede in die Bybel kort is,  maar die gebeds manne van die Bybel het ure saam met God in worstelende gebed deurgebring.  Hulle was manne van min woorde maar baie geduld en dit was die wen resep.  Die gebed wat Moses neergeskryf het, mag kort wees,  maar Moses het vir veertig dae en nagte tot God gebid met vas en smekinge.

Geestelike werk is veeleisende arbeid,  en die mens is ongeneë om dit te verrig.  Ware gebed verg ernstige beplanning, aandag en tyd,  en ‘n mens hou nie daarvan nie.  Min mense is van die stoffasie gemaak dat hulle so ‘n duur belegging sal wil aangaan terwyl minderwaardige werk net so ‘n goeie mark sou vind.   Ons kan onsself so gewoond maak aan ons armoedige gebede dat dit vir ons goed en aanvaarbaar lyk.  Dit hou ten minste ‘n ordentlike front voor en sus ons gewete.   Ons kan laks word in ons gebed en nie die gevaar besef totdat die skade klaar aangerig is nie.  ‘n Gejaagde stiltetyd sorg vir lou geloof, kragtelose oortuigings, twyfelagtige vroomheid.  Om klein met God te wees is om klein vir God te wees.  Om die gebedstyd te verkort is om die hele Christelike karakter te verarm.

Dit neem tyd voordat die volheid van God ons gees vul.  Kort stiltetye sny die verbinding met God af. Dit verg tyd in die verborgenheid om die volle openbaring van God te ontvang.  Min tyd en gejaagdheid skend die ontvangs daarvan. Om te bid is die grootste taak wat ons kan verrig; en om dit goed te kan doen moet daar kalmte, tyd en vrede wees, anders word dit verarm tot een van die geringste van armoedige dinge.  Ware gebed verkry die grootste resultate vir die ewigheid, en gebrekkige gebed die minste. Ons kan nooit teveel bid nie. Ons moet opnuut die waarde van gebed leer ken; opnuut toetree tot die skool van gebed.  Daar is niks anders wat soveel tyd verg om te leer nie as gebed.  En as ons hierdie wonderlike kuns wil aanleer, moet ons nie net hier en daar ‘n bietjie afskeep tyd bid nie. Dit moet ‘n wonderlike gesprek met Jesus wees.  Maar ons moet ons beste ure daarvoor opsy sit.  En ons moet bid soos Elia totdat die krag wat in die natuur opgesluit is, ontsluit is en ‘n land vol hongersnood bloei soos die tuin van God?

Lukas 18 : 7  ‘Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie’.

God wil uitverkore mense hê, mense uit wie die eie ek en die wêreld verdwyn het.  Dit is die mense wat God wil hê; mense wat deur hierdie geestelike bankrotskap en selfkruisiging gegaan het en met ‘n volmaakte hart na God terug gekeer het.  Laat ons vurig bid dat God se belofte vir gebed tot in sy volste volheid  bewaarheid sal word.