Skip to main content

Vir Vertroosting.
Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop by uself!

Bid daagliks, of so gereeld as benodig.
God is die Skepper van jou Hart, Jesus is die Geneesheer van jou
hartseer, en die Heilige Gees jou vertrooster.
En hul is nou hier.
Die gebed kom saam met Bybel boek merke, plaas dit by die betrokke
Bybel vers wat die gebed letter verteenwoordig,
Sodra jy die manifestasie doen “Ek neem dit” plaas die oop Bybel
teen jou Hart, soos u, u geliefde sou vas druk. Beweeg dan aan na
die volgende gebed letter.
Verwag emosie en trane, maar verwag ook genesing en vertroosting
Van af: Die Spesialiste uit die Hemel en in jou!

VOORSKRIF GEBED VIR VERTROOSTING
Bid die gebed hardop vir jouself, wanneer hartseer en verlange intree. Die
gebed mag afgelees word. En elke keer as u die aksies doen,”Ek neem dit”,
maak die Bybel oop by die skrif gedeelte betrokke en druk dit stuif teen u
bors vas soos u, u geliefde so vas druk. laat God se woorde diep indring in
jou gebroke hart vir totale genesing. Die baie kragtige gebed sal net ’n
paar minute neem. Trane en emosie moet verwag word, maar verwag ook
vrede en genesing.


DIE GEBED
Here ek kom om te skuil onder U Vlerk van vertroosting. In die
Liefdevolle en genesende naam van Jesus Christus U seun. Ek bevestig
my geloof in U ,die Skepper van my hart, siel en gees. U wat my liggaam,
gees en verstand beter ken as enige mens. Ek glo in die genesings krag
van die Bloed van Jesus wat tans oor my gebroke hart vloei, en ek glo in
die vertroosting krag van U Heilige Gees.


Here, ek bevestig dat ek my skuldenaars vergewe het, en vra U ook vir U
vergifnis vir my sondes.
Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22
“Gee U woord lewe vir die wat dit vind en genesing vir my Hart, gees en
verstand”
En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U woord lewend en kragtig en dring my liggame, gees en verstand
binne soos ’n skerp mes en genees diep tot binne in my gebroke hart ”
en volgens Deuternomium 28 vers 22
”is Hartseer onder die vloek van die wet”

Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13
“Jesus het ons losgekoop/vrygekoop van die vloek van die wet”
Here gee my vandag net my daaglikse brood, en bou in my, geen
bekommernis oor niks, maar laat ek na U kan kom in gebed met geloof en
Bid oor Alles!


Met die bevestiging neem ek U voorskrif medikasie ,voorgeskryf deur U
vir volkome vertroosting en genesing van ’n gebroke Hart en hartseer.

Here ek neem. – V – Johannes 15 verse 1 tot 17

Jesus U is my Vriend, U staan by my in tye van Nood en Hartseer.
Ek neem dit, Ek ondervind dit, Ek glo dit, Dankie vir U Vriendskap.

Here ek neem. – E – Jeremia 8 vers 18

Here, ek het gedink my hartseer is te groot vir vertroosting en genesing.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie vir U vertroosting.

Here ek neem. – R – Psalm 121

My Hulp is van U Here, U is die skaduwee rondom my.
Ek neem dit, Ek sien dit, Ek glo dit, Dankie Heer.

Here ek neem. – T – Predikers 4 vers 1

Here, U sien my trane, U vertroos my alreeds.
Ek neem dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie vir die trane.

Here ek neem. – R – Jesaja 41 vers 10

Here, U versterk my, ek sal nie vrees nie.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie vir die krag.

Here ek neem. – O – Psalm 46

Here, U is my toevlug, my beskerming, my hulp!
Ek neem dit, Ek ondervind dit, Ek glo dit, Dankie vir U hulp.

Here ek neem. – O – Psalm 61 verse 4 & 5

Here, ek sal bly in U veiligheid en skuil onder U Vlerk.
Ek neem dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie vir die veiligheid.

Here ek neem. – S – Jesaja 38 verse 1 tot 8

Here, as U my trane sien, vertroos U dadelik.
Ek neem dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie vir U vertroosting.

Here ek neem. – T– Johannes 20 verse 19 tot 25

Here, U is my vrede, U is die een wat my Troos.
Ek neem dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie vir U vrede.

Here ek neem. – I – Psalm 23 verse 1 tot 6

Here U is my Herder, U sal my lei na waters waar rus is.
Ek neem dit, Ek volg U, Ek glo dit, Dankie vir die rus.

Here ek neem. – N – Markus 14 vers 26

U gee my ’n vreugdes lied in die duisternis.
Ek neem dit, Ek sing dit, Ek glo dit, Dankie vir die lied.

Here ek neem. – G – Johannes 14 verse 16 tot 18

Vader U Gees is my vertrooster, Hy vertroos my.
Ek neem dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie vir die VERTROOSTING.


Here U Gees onderskep my hartseer en pyn en neem dit reguit na U op U
Troon. Here U onderskep my skok en staan nou langs my, U sal my nooit
teleurstel nie! U verander my woede in vrede. U verander my
benoudheid in vreugde. U gee my nuwe krag en ek voel nie meer
uitgeput nie!


U sal self die trane van my wang kom vee. Here ek gaan nie probeer om
sterk te wees nie, want as ek sterk voorkom. Kan U my nie ten volle
vertroos nie!
Here, U ken alle tale van die Wêreld, maar daar is een taal wat U beter
ken. En dit is die taal van Hartseer en Trane.


Dankie vir U vertroosting!
Here, U verander my hartseer in vrede, My Trane in vreugde, U maak alle
blydskap in my los, en U maak ook al die krag en mag van U kruis los oor
my lewe, Jesus.
Here stort U seëninge oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my
onder U beskerming en wees met my in alles wat ek doen, weer hou
enige onheil van my, sodat geen smarte my sal tref nie. Here hoor
asseblief my nederig gebed U.


Here, ek prys U naam vir, U almag en U oorwinnings, ek loof U vir U krag
en U Majesteit.

Here U is “Jehovah Nissi ” Die God, my Beskermheer.
Here U is“ Jehovah Rapha” Die God, my Geneesheer.
Here U is“ Jehovah Shammah” Die God, by my altyd.
Here U is“ Jehovah Shalom” Die God, my vrede.


Dankie vir U liefde, U vrede, U vertroosting, ek sal aan ander getuig van u
voorsiening krag. Laat U wil in my lewe geskied, o Vader. Ek vra dit nie
uit verdienste of uit gewoonte nie, maar net deur U genade alleen.


Amen en Amen

Aangeheg die Gebeds Kaarte . Gebruik dit as plek houers in u Bybel vir gemaklike Gebeds aksie

DRUK UIT , KNIP UIT EN GEBRUIK IN U BYBEL

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

GEBEDS VRAE

Hoe om ‘n uur in gebed deur te bring

Vir ons klink dit vreeslik om ‘n uur in gebed deur te bring.  Hoe kan ek ‘n uur sinvol in gebed deurbring sonder om te bly herhaal en sonder dat dit vervelig en moeitevol word?

1     Lofprysing

n Daad van toewyding aan God, dit is om God te verhoog en te vereer. Dit is om God te erken vir Wie Hy is, om Hom met ons woorde, ons hele wese en ons gebedshouding groot te maak.  Alle gebed behoort met lofprysing te begin. Psalm 115 : 1.     Loof Hom vir sy Naam, sy geregtigheid, liefde, heiligheid, almag, alomteenwoordigheid, grootheid, trou, sy Woord, sy skepping, sy verlossing en al die groot dade.  Dit is Lofprysing.

2      Wag op die Here

Dit is ‘n daad van woordelose liefde en bewondering vir God,  dit is woordelose aanbidding.  Dit is om God te aanbid en te prys vir wie Hy is.  In hierdie periode van stilte stel ons,  ons in op God self,  rig ons,  ons wese op Hom en wy ons, ons opnuut aan Hom toe.  Ons verbly ons in en oor sy teenwoordigheid.  Psalm 46 : 11  ‘Wees stil en weet dat Ek God is’.

3      Sondebelydenis

Ons is mos lief om te sê ek bid teen die plafon vas.    Dit is dan tyd vir sondebelydenis. Hoekom?  Want nou het jy vrye toegang tot God.  Dit is ‘n tyd van selfondersoek en die Heilige Gees toe te laat om jou te lei.  In hierdie periode erken ek my swakhede en bely ek my sonde en ek vra vir reiniging.  Jes. 59 : 1-2 ‘die hand van die Here is nooit te kort om te help nie’.

4      Bid met die Skrif

Om gebalanseerd te bid,  moet ek tyd met die Bybel bestee.  Ek moet God se beloftes leer ken en hulle tot God bid. Die beloftes van God wek geloof.  In hierdie tyd vra jy, Here, watter beloftes kan ek vir my toe-eien,  watter bevele moet ek gehoorsaam, op watter waarskuwings moet ek ag slaan?   Die Woord van God is jou handleiding.  Ons moet die Here dag en nag aan sy beloftes in die Woord herinner.

5      Waak

Hierdie is ‘n tyd van geestelike waarneming,   om geestelik bedag te wees op sake waarvoor daar gebid moet word.  Dit sal daartoe lei dat jy sal bid vir ander se behoeftes en sekere van jou eie behoeftes.  Jy stel jou in op die Here en wag op die Heilige Gees oor spesifieke sake wat op jou hart gelê word,  en bid dan daarvoor. Hierdie is ‘n tyd om nugter en wakker te wees ten opsigte van aanslae van die Bose. Paulus leer ons om te waak en bid.  Kol. 4 : 2.  Satan sal probeer om jou te verwar en te verhinder om te bid sodat jy nie konsentreer nie. Wees bedag daarop.

6      Voorbidding

Om in te tree vir ander,   om te bid as voorbidder moet ek konsentreer op ander se behoeftes en nood,  tree vir ander in die bres.  Voorbidding is God se metode om sy kinder te betrek. In voorbidding raak ons betrokke.  Wanneer jy voorbidding doen dan staan jy aan God se kant en werk jy saam met Hom tot voordeel van iemand anders. Deur getroue voorbidding kan jy net soveel bereik soos iemand wat prakties uitgaan met die evangelie.  Dit is belangrik dat jy ‘n sistematiese plan het vir voorbidding bv. Jou gesin en familie, die gemeente,  jou dorp,  jou land, ensovoorts. Voorbidding het nie net betrekking op ongelowiges nie,  daar bid ons soos wat die Heilige Gees ons lei.

7      Versoeke

Vir  jou  persoonlike  behoeftes.    Die  gelowige  mag  en  moet  vir  sy eie  persoonlike behoeftes bid. Hy kan ook met verwagting bid,  selfs oor die kleinste dingetjies.  In hierdie periode bid ons vir ons daaglikse brood en ook vir geestelike versterking en toerusting vir ons lewe en werk as gelowiges. In totale afhanklikheid werp ek myself op God om in my behoeftes te voorsien.     Dit wat ons vir onsself vra,  mag nooit uit selfsug gebore wees nie.  Die Here wil graag in ons behoeftes voorsien,  en daarom moet jy seker maak jy bid met suiwer bedoelings.

8      Danksegging

Hierdie is die tyd wat jy met waardering jou dank uitspreek vir dit wat die Here vir jou doen of gedoen het.  Dank die Here in hierdie tyd vir gebede wat hy beantwoord het, sy versorging en voorsiening,  dank die Here dat Hy altyd daar is wanneer ons Hom nodig het.  Sê  ook vir die Here waaroor is jy dankbaar,  dink na oor die dae wat verby is en alles wat jy ontvang het,  werk, kos, voertuig ens.  Dit is belangrik dat ons Hom dank daarvoor want alles is syne.

Hierdie is nie net van toepassing in ‘n gesamentlike byeenkoms nie,   nee ons as individue kan God loof en prys met ons eie sang.  Sang en geestelike oorlogvoering is onlosmaaklik  deel  van  mekaar.   In  hierdie  periode  loof,  aanbid, verheerlik  en bewonder die bidder sy God met sang.  Jou sang kan die vorm aanneem van lofliedere, liedere wat van God se mag en krag getuig,  of Sy Naam te verheerlik.  Om tot eer van die Here te sing is ‘n definitiewe opdrag van God  ‘Psalm 100’  want dit gaan oor die verheerliking van God.  Vir die Here is die gesindheid van jou hart en die feit dat jy sy opdrag uitvoer, van meer waarde as dat jy mooi sing.

5.10    Oordenking

In hierdie periode dink aan die wese en die natuur van God,   sy skepping en groot dade.                         Oordenking is om gedissiplineerd na te dink.   Waak dat die Satan nie sy gedagtes in jou plant nie.  Waak ook teen negatiewe gedagtes in hierdie tyd. Bedink alles wat waar, rein en edel is.  As jy oor ‘n sekere skrif gedeelte nadink,  vra die Heilige Gees of dit betrekking op jou het en dink na daaroor soos die Gees lei.

11    Luister

Hierdie is die tyd wat jy vir die Here vra om nuwe dinge aan jou te openbaar,  dinge wat Hy wil hê jy moet raaksien en aandag aan gee.  Dit is die tyd om doelbewus vir God te vra om sy wil en planne aan jou bekend te maak.  Daarom in die tyd van luister moet ons hoor wat God vir ons wil sê.  Here wat verwag U van my,  wat is U wil met my? Wees sensitief vir die Heilige Gees.  Skryf  gedagtes neer as die Gees dit aan jou gee. Wees versigtig om sommer weg te spring en te sê:  Die Here het dit en dat gesê.

5.12    Lofprysing

Hierdie is die tyd wat jy God groot maak dit is ‘n tyd van jubel voor die Here.  Vertel Hom dat jy weet hy is almagtig en alomteenwoordig, prys Hom vir sy groot dade en wonders,  loof Hom want Hy is God.  Amen!!!!