Skip to main content

Voorsorg teen Siektes en Beserings.
Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop saam as Familie of in Groep verband!

VOORSKRIF GEBED VIR VOORSORG.
Bid die gebed daagliks hard op saam met u familie. Die gebed
mag afgelees word. Bid die Voorskrif gebed vir voorsorg teen
siektes en beserings. Manifesteer die aksies”Ons neem dit”, deur
om ’n slukkie water of vrugtesap te neem. Die baie kragtige
gebed sal net ’n paar minute neem om te bid.


Die Gebed.
Here. Ons kom na U Hemelse Mediese Spreek kamers in die
Wonderlike en genesende naam van Jesus Christus U Seun. Ons
bevestig ons geloof in U ons Skepper. U wat ons liggaam, gees en
verstand beter ken as enige mens. Ons bevestig ook ons geloof in
Jesus,”Die Groot Geneesheer” en in die vertroosting en
leierskap krag van U Heilige Gees.


Here, ons bevestig dat ek ons skuldenaars vergewe het, en vra U
ook vir U vergifnis vir ons sondes.
Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22
“is U woord (Die Bybel) lewe vir die wat dit vind en genesing vir
ons hele liggaam, gees en verstand”
En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U woord lewend en kragtig en dring ons liggame, gees en
verstand binne soos ’n skerp mes en genees diep tot binne in ons
been murg en gewrigte”


en volgens Deuternomium 28 vers 22 is
”Siekte en beserings is onder die vloek van die wet”
Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13
“Jesus het ons losgekoop van die vloek van die wet”

Met die bevestiging neem ons nou U voorskrif
medikasie,voorgeskryf deur U, vir volkome voorsorg teen
siektes en beserings van ons Liggame, gees en verstand.

Here ons neem. – V –Deuternomium 7 vers 14 en 15

U sal alle krankheid van ons wegneem.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Here.

Here ons neem – O – Psalm 91 vers 9 en 10

Geen siektes sal ons oorval nie.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Here.

Here ons neem. – O – Psalm 107 vers 19 tot 21

As ons U aanroep, sal U ons genees.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Here.

Here ons neem. – R – Psalm 118 vers 17

Here, ons sal gesond lewe, en getuig van U beskerming.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Jesus.

Here ons neem. – S – Jeremia 41vers 10

U se, moenie vrees nie Ek versterk jul.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Here.

Here ons neem. – O –Matt 21 vers 21 en 22

Here U se, Bid, Glo en Twyfel nie, en ontvang.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Jesus.

Here ons neem. – R –Hebreërs 1 vers 1 tot 4

Jesus U bloed is ons grootste beskerming.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Jesus.

Here ons neem. – G –2 Korinthiers 4 vers 15

Dankie vir U voorsorg teen siektes en beserings, en die oorvloed daarvan.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Here.

Here ons neem. – T–Ezegiel 34 vers 26

Ons sal U stort reëns van genesing en beskerming ontvang.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Here.

Here ons neem. – E – 1 Timotheus 2 vers 1

Here, hoor ons versoek in gebed en ook ons danksegging.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Here.

Here ons neem. – E – Efesiërs 6 vers 10 tot 17

Ons trek die volle wapenrusting van God aan, veral die helm van geloof.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Jesus.

Here ons neem. – N– Jesaja 24 vers 18

Here U vloede van seëninge reën nou oor ons.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie Here.

HERE DANKIE VIR DIE VOORSORG TEEN SIEKTES
EN BESEERINGS


Dankie vir U beskerming, dankie vir die salwing van Jesus se
bloed oor ons. U is die God wat beskerming bied. Here volgens
Exodus 23 vers 25 en 26 U sal ons gesond hou en beskerm
teen beserings
Here, stort U seëninge oor my ons, wees met ons in alles wat ons
doen en vergroot ons grondgebied, neem ons onder U
beskerming en weerhou enige onheil van ons, sodat geen smarte
ons sal tref nie.


Here, ons prys U vir U almag en U oorwinnings, ons loof U vir U
krag en U Majesteit.
Here U is “Jehovah Nissi” Die God, ons Beskermheer.
Here U is “Jehovah Rapha” Die God, ons Geneesheer.
Dankie vir U liefde, U is ons genesende drie-enige Godheid uit
die Hemel en binne in ons, ons sal aan ander getuig van u
voorsorg en beskerming krag. Ons vra dit nie uit verdienste of
uit gewoonte nie ,maar slegs deur U genade alleen.


Amen en Amen

Op konsultasie van uit die Hemelse se Mediese Spreek kamers,
vanaf God die Vader, Jesus die seun en die Heilige Gees. Die
gebed is geskryf en gesalf vir Jou!


Gebed Krag letters
V- VOORSORG TEEN

T- TOTALE VOORSORG

O- ONDER U BLOED
E- EWIGE LEWE

R- REDDENDE HANDE

N-NET BY U
S- SEENINGE

G- GELOOF

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

GEBEDS RAAD

Nadat jy vir God gevra het om jou sonde te vergewe en skoon te was met die bloed van Jesus Christus (1Joh. 1: 9) As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons dien sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig’), onthou dat Hy ook jou slegte of skuldige gewete wil reinig (Heb. 10:22 ‘Laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water’).  Die Satan kom kla ons dikwels met ons eie gewete aan, nádat God ons klaar gereinig het met sy bloed.  Met ander woorde:  vra die Here ook om elke gedagte in verband met daardie sonde of sondes uit jou gedagtes weg te was met die bloed van die Here Jesus.