Skip to main content

Die Dankseggings gebed.

Gee in Hoop, met Geloof en in Liefde.

Bid met oorgawe hardop as Familie of Groep!

bid die gebed hardop vir die Drie eenheid, as dank betuiging, vir die voorsorg, genesing, bevryding, beskerming, vertroosting, voorsiening en krag voorsiening wat u ontvang het vanaf die Voorskrif gebede uit die Hemel.

Betuig u dank, uit u hart uit.

Die Dankseggings Gebed

Here ons kom om na U spreek kamers en stoor kamers. In die liefdevolle en wonderlike naam van Jesus Christus U seun.

ons  kom vandag met hande, nee, arms vol blomme van danksegging.

Vader U is die skepper van die Heelal, die alom teenwoordige, die al wetende, al siedende God. Die ewige Vader, die Heerser van die Hemel en Aarde, Almagtige God. U is liefde, U is die wind en ook die wind stilte, die Groot Oorwinnaar, die Vrede Vors. U is die God wat vir ewig sal regeer, die Here wat Sy oog oor ons hou.

Jesus, U is my verlosser, die Prins van Vrede. U Bloed is die sterkste mag in die Heelal, U is die Alfa en die Omega, die begin en die einde. U is die Lam van God sonder gebrek, die Brood van die lewe uit die Hemel, die Blink Morester. U is die goeie en getroue Herder, die ewig lewende Priester, Die Leeu van Juda. U is ons magtige Heer, die seun van ’n lewende God, my Meester, die ware lig, wonderbare Raadsman.

Heilige Gees, U is die sagte Gees, die Gees van waarheid, U bring die Gees van Krag en Genade. U is en was nog altyd, die Gees van die Lewe, Die Gees wat lewe gee.

Dankie vir U voorsorg, U genesing, U beskerming, U oorvloed van seëninge, U vertroosting, U vryheid wat ons ontvang het, U oplossings en die Krag voorsiening uit U mag.

Here dankie dat U ons vandag geseën het met ons daaglikse brood, en dankie dat U in ons geskep het, met geen bekommernis oor niks,

maar nou weet ons, ons kan na U kom in gebed met geloof en Bid oor Alles!

Ontvang ons lofprysing en ons danksegging uit ons hart.

                      # Here ons gee.  – D – Dank betuiging.

Ons wil die Here altyd loof, Sy lof sal altyd deur in ons mond wees.

Psalm 34 vers 2

                     # Here ons gee.    – A – Aan U al die eer!

Here, U is ons God, By U wil ons skuil.

Psalm 7 vers 2

                       # Here ons gee.  – N – Niemand anders soos U!

Here, U is ons Beskermheer, U is die regverdige God en Regter!

Psalm 7 verse 10 & 11

                        # Here ons gee.  – K – Koning van Konings!

Here, ons wil U loof, met ons hele hart van U wonders vertel.

Psalm 9 vers 2

                         # Here ons gee.  – S – Sal by U bly, Heer!

Here, U heers vir ewig, U is die regverdige Regter.

Psalm 9 vers 8

             # Here ons gee.  – E – Ewig dankbaar aan U! By U skuil ons, onder U vlerk sal ons bly!

Psalm 11 vers 1

             # Here ons gee.  – G – Gesange vir U sing!

Here, ons sing ’n lied net vir U, Die woorde net vir U.

Psalm 18 vers 1

              # Here ons gee.  – G – Gedigte vir U dig!

U is ons Lig en ons heil, ons enigste toevlug oord.

Psalm 27 vers 1

               # Here ons gee.  – I– In U goedheid, wil ek woon!

Here, U is ons Rots, ons plek van veiligheid.

Psalm 28 vers 1

               # Here ons gee.  – N – Net U kan, o Heer!

Ons siel getuig net van U, en met ons hart dank ons U.

Psalm 35 verse 9 en 10

               # Here ons gee.  – G – Gegee in U volheid

Here, ons het lank gewag vir U antwoord, U het neergebuig, U het ons geroep gehoor.

Psalm 40 vers 1

Here, dankie dat U ons droogtes verander het in vloede van seëninge. Ons skade in ontginbare skatte uit U skatkamers.

Heilige Gees dankie vir U leierskap en vertroosting krag. Dankie dat U na ons lewe omsien.

 Here dankie dat U seëninge oor ons uit stort, dankie dat U ons grondgebied vergroot het, dankie dat ons onder U beskerming leef en dankie dat U by ons is in alles wat ons doen, dankie dat U enige onheil van ons weghou, sodat geen smarte ons mag tref nie. Here dankie dat U ons nederig gebed verhoor.

Here, ons prys U naam vir U almag en U oorwinnings, Ons loof U vir U krag en U Majesteit.

Here U is  “Yahweh Nissi ” Ons Beskermheer!

Here U is “Yahweh Rapha” Ons Groot Geneesheer!

Here U is “Yahweh Shammah” Die Here, daar, hier en oral!

Here U is “Yahweh Shalom” Die Here ons Vrede!

Here U is “Yahweh Rah” Ons goeie Herder!

Al die eer en lofprysing aan die Koning van ons lewe.

Heilig, Heilig, Heilig, is die Here, Almagtig, die Een wat was, wat is en nog gaan kom.

Amen en Amen

Gebed Geskryf deur Pastoor Dirk , Geinspireer deur die Heilige Gees.

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

GEBEDS RAAD

Bid en gee jou Dankoffers

Mal 3:10 ‘Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie’.

Bid Vurig en Ernstig

Jakobus 5:16    ‘Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag’.

Bid vanuit jou gesagsposisie in Christus

Efes. 2:6  ‘En saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus’.