Skip to main content

Gebed instruksies van Jesus Christus die Seun van God

Matt 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; 

  • Vergewe diegene wat teen jou gesondig het.

Die Gebed van Jesus

Mat 6:5  En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het. 

6  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. 

7  En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. 

8  Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. 

9  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; 

10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 

11  gee ons vandag ons daaglikse brood; 

12  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; 

13  en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. 

14  Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 

15  Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

  • Gebed moet nie ‘n vertoning wees nie.
  • Bid tot God in privaatheid.
  • God ken al jou hartsgeheimenisse.
  • God sal antwoord.
  • Bid ordelik, moenie voort babbel nie.
  • God weet wat jy nodig het nog voordat jy Hom kan vra, maar jy het steeds nodig om dit aan Hom in gebed te vra.
  • Loof en Aanbid God in Gebed.
  • Bid tot God.
  • Bevestig dat jy God se wil in jou lewe aanvaar.
  • Bevestig dat God jou ken en Hy sal jou voorsien van jou daaglikse behoeftes.
  • Bevestig aan God dat jy jou oortreders vergewe het.
  • Vra God om vergifnis vir jou sondes.
  • Vra vir God vir Sy beskerming.
  • En versoek aan Hom om jou van onheil te weerhou.

Lukas se weergawe van die Gebed van Jesus

Luk 11:1  En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het. 

2  En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 

3  gee ons elke dag ons daaglikse brood; 

4  en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. 

5  En Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal ‘n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode, 

6  want ‘n vriend van my het van ‘n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie— 

7  en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie. 

8  Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het. 

9  En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 

10  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. 

11  En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee; 

12  of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee? 

13  As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? 

  • Hê geloof in gebed.
  • Bid voortdurend totdat jy ‘n antwoord ontvang het.
  • God sal jou gebed beantwoord.
  • God sal ontvangs van jou gebed bevestig deur die Heilige Gees.

Jesus leer uithou vermoë in gebed.

Luk 18:1  En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie, 

2  en gesê: Daar was ‘n regter in ‘n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie. 

3  En daar was in daardie stad ‘n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty. 

4  En ‘n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie, 

5  tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie. 

6  Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. 

7  Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? 

8  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind? 

  • Bid en moet nooit opgee nie.
  • God sal antwoord, dit mag dalk bietjie tyd neem, maar Hy sal antwoord.
  • God wil ‘n mate van geloof sien.
  • Gaan na God in gebed in die Naam van Jesus Christus.

Jesus beantwoord ‘n vraag oor gebed

Mat 21:21  Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see—sal dit gebeur. 

22  En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo. 

  • Bid sonder ophou.
  • Hê geloof en wys geloof deur dit te manifesteer deur jou geloof oor te sit in aksies.
  • Moenie twyfel in God se vermoëns nie.
  • Maak jou hand oop en ontvang.
  1. Gebede in die lewe van Jesus

Mat 14:19  Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare. 

20  En almal het geëet en versadig geword, en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalf mandjies vol. 

21  En dit was omtrent vyf duisend manne wat geëet het, buiten die vroue en kinders. 

22  En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur. 

23  En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen. 

  • Bid altyd en vra vir God se seëninge aan jou en in alles wat jy doen.
  • Bid in privaatheid.

Jesus het in Getsémané gebid

Mat 26:36  Toe kom Jesus met hulle in ‘n plek met die naam van Getsémané, en Hy sê vir die dissipels: Sit hier onderwyl Ek daar gaan bid. 

37  En Hy neem Petrus en die twee seuns van Sebedéüs saam en begin bedroef en benoud word. 

38  Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My. 

39  En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. 

40  En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie? 

41  Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. 

42  Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied. 

43  Toe kom Hy en vind hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar. 

44  En Hy het hulle met rus gelaat en weer vir die derde maal gaan bid en dieselfde woorde gesê. 

  • Wanneer jy God vir ‘n antwoord in gebed vertrou, vra vir ander kinders van God om saam jou God te vertrou.
  • Bid God se wil oor jou lewe.
  • Bid om jouself te skerm teen versoeking.
  • Bid selfs al is jy doodmoeg, jy moet gebedsdissipline hê.
  • Bid menige male totdat jy vrede as bevestiging ontvang het dat God jou gebedsversoek gehoor het.
  • Na gebed, aanvaar God se antwoord, selfs al is dit NEE.

Jesus wys die tyd en plek vir gebed.

Mar 1:35  En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na ‘n eensame plek vertrek en daar gebid. 

  • Bid tydens stilte tye, vroeg in die more, laat in die nag. Wanneer jy nie gepla gaan word nie.

Jesus het alleen in God se teenwoordigheid gaan bid.

Mar 6:46  En nadat Hy van hulle afskeid geneem het, het Hy na die berg gegaan om te bid. 

  • Bid alleen en ongestoord.

Jesus het in die tuin gebid

Mar 14:32  Toe kom hulle in ‘n plek waarvan die naam Getsémané was. En Hy sê vir sy dissipels: Sit hier onderwyl Ek gaan bid. 

33  En Hy neem Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom en begin ontsteld en benoud te word. 

34  En Hy sê vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak. 

35  En toe Hy ‘n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan. 

36  En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil. 

37  En Hy kom en vind hulle aan die slaap en sê vir Petrus: Simon, slaap jy? Was jy nie in staat om een uur te waak nie? 

38  Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. 

39  Hy gaan toe weer weg en bid dieselfde woorde. 

  • Enige iets is moontlik met God, bid net.
  • Bid saam met ander gelowiges en wees eengesind in gebed.
  • Gebed sal jou skerm teen die planne van die vyand.

Volg die 12 Stappe na die Hemel en die Hemel sal vir jou oopgaan.

Luk 3:21  En toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan; 

  • Wanneer jy met die Heilige Gees gedoop word, sal die Hemele vir jou oop gaan.

Gebedsdissipline

Luk 5:16  Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid. 

  • Bid elke dag, met gereeld bid sessies deur die dag en nag.

Jesus het uithou vermoëns in gebed gewys

Luk 6:12  En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring. 

  • Spandeer tyd saam met God in gebed, selfs al neem dit dag en nag.

Verdere leringe van gebed

Luk 9:18  En toe Hy besig was om alleen te bid, was die dissipels by Hom, en Hy vra hulle en sê: Wie sê die skare is Ek? 

19  En hulle antwoord en sê: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander dat een van die ou profete opgestaan het. 

20  En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: Die Christus van God! 

21  Toe gee Hy hulle ‘n streng bevel en gebied hulle om dit aan niemand te vertel nie. 

22  En Hy sê: Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan. 

23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. 

24  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. 

25  Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen? 

26  Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele. 

27  Ek sê vir julle met waarheid: Daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie. 

28  En omtrent agt dae ná hierdie woorde het Hy Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem en op die berg geklim om te bid. 

29  En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy aangesig anders geword en sy klere skitterend wit. 

  • Getuig aan ander wanneer jy antwoord van God in gebed ontvang het.
  • Wanneer jy bid is jy in Heilige teenwoordigheid.

Jesus se dissipels het Hom gevra om hulle te leer hoe om te bid.

Luk 11:1 En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het. 

  • Leer ander hoe om te bid.

Verdere leringe van Jesus oor gebed.

Luk 22:32  Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. 

41  En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as ‘n mens met ‘n klip kan gooi, en neergekniel en gebid 

42  en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! 

43  En ‘n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. 

44  En toe Hy in ‘n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val. 

45  Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid. 

  • Bid met geloof en gebed bou geloof.
  • Wanneer jy bid sal jy versterk word.
  • Bid met krag.

Jesus leer meer oor gebed.

Joh 17:1  Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik— 

2  soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. 

3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. 

4  Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring. 

5  En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was. 

Joh 17:6  Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar. 

7  Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom. 

8  Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het. 

9  Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. 

10  En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik. 

11  En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons. 

12  Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word. 

13  Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê. 

14  Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. 

15  Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. 

16  Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. 

17  Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. 

18  Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. 

19  En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees. 

20  Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo— 

21  dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. 

22  En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. 

23  Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het. 

24  Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld. 

25  Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het. 

26  En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle. 

  • Kyk op na God wanneer jy bid.
  • Loof en prys God gedurende gebed.
  • Ons moet bevestig dat die sondige wêreld ons as Christene haat.
  • Bid – Hou ons veilig van Satan en sy volgelinge.
  • Bid – God openbaar U asseblief aan ons.

Paulus bevestig wat Jesus geleer het.

Heb 5:7 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs— 

  • God sal jou gebede, smekinge en trane beantwoord wanneer jy na Hom toe kom in die Naam van Jesus Christus.

GEBEDS RAAD

Wag op die Here

Dit  is  ‘n  daad  van  woordelose  liefde  en  bewondering  vir  God,    dit  is woordelose aanbidding.  Dit is om God te aanbid en te prys vir wie Hy is.  In hierdie periode van stilte stel ons,  ons in op God self,  rig ons,  ons wese op Hom en wy ons, ons opnuut aan Hom toe.  Ons verbly ons in en oor sy teenwoordigheid.  Psalm 46 : 11  ‘Wees stil en weet dat Ek God is’.