Skip to main content

Die Krag gebed.

Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.

Bid met oorgawe hardop saam in ‘n Groep!

Die Krag Gebed

Here ons kom na U, in die Wonderlike en genesende naam

van Jesus Christus, U Seun.

Vergewe asseblief al ons sondes, net soos ons ook ons sondaars vergewe het.

Here, stort U seëninge oor ons uit!

Vergroot ons grondgebied!

Neem ons en ons familie onder U beskerming!

Wees met ons in alles wat ons doen!

Hou ons weg van enige onheil!

Sodat geen smarte ons sal tref nie!

 Here, ons breek elke aktiwiteit van die Okkulte oor ons lewe!

ons breek elke familie vloek oor ons!

ons bind elke mag, besoedeling, plan of strategie wat Satan en sy volgelinge oor ons lewe het op die oomblik!

ons bind en breek dit in die magtige krag van Jesus se Bloed!

Dit het geen meer mag oor ons nie!

Here gee ons vandag net ons daaglikse brood, en bou in ons, geen bekommernis oor niks, maar laat ons na U toe kom in gebed met geloof en Bid oor Alles!

ons aanbid U naam, want U IS! “Jehovah Nissi” Die God, ons Beskermheer!

U IS! “Jehovah Shammah” Die God, met ons!

U IS! “Jehovah Rafha” Die God, ons Geneesheer!

ons sal getuig aan ander, van U seëninge aan ons!

ons dank U ons drie enige Godheid uit die Hemel en ook in ons!

Amen en Amen

Geskryf Deur Pastoor Dirk , Geinspireer deur die Heilige Gees.

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

BID EN VAS RAAD

Hoe om jou vir ‘n dag af te sonder

Baie mense wil ‘n dag neem om hulle af te sonder en alleen met God te wees.  Die vraag is nou:  Wat doen ek die hele dag?  Die volgende is ‘n paar gedagtes oor hoe ‘n mens so ‘n dag kan inruim.  Die belangrikste is om die dag so in te rig dat dit vir jou sinvol is.

  Jy kan aanvanklik begin deur jou net vir ‘n voormiddag, of namiddag of ‘n aand af te sonder.

Begin met lofprysing,  aanbidding en om net stil te word en in God se teenwoordigheid te kom.

Begin ‘n Bybelboek van voor af deurlees, byvoorbeeld Psalm 1 of enige ander boek wat jy graag wil lees.  Moenie haastig wees nie.  neem dit vers vir vers;  vra vir die Here wat Hy jou uit die vers wil leer,  oordink die vers,  bid daaroor.  Wanneer jy voel jy is vir eers klaar, gaan dan na die volgende vers en so hou jy aan.

Na  so  30-60  minute  se  Bybelstudie  kan  jy  oorgaan  tot  direkte  gebed.     Neem  tyd  vir sondebelydenis en kyk weer goed na jou eie verhouding met die Here.          Daarna kan jy bid vir jou behoeftes of vir spesifieke sake.  Dan volg voorbidding.  Maar weereens moenie haastig wees nie.  Die klem moet val op gemeenskap met die Here.

Miskien wil jy vir ‘n spesifieke saak bid en die Here se leiding daaromtrent soek.  Maak dan in die besonder tyd om daarvoor te bid.

Dit is ook baie goed om na sagte geestelike musiek te luister.

Die bogenoemde is slegs wenke nie reëls nie.    Handel soos die Heilige Gees jou lei dan verkry jy die beste resultate.