Skip to main content

Gebruik die Gebeds Kaarte vir Veiligheid

Vir Beskerming in Familie of Groeps verband.
Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop saam met u Familie of in
Groep verband!

Bid daagliks, of so gereeld as benodig.
Die gebed stel die beskerming krag van die Bloed van Jesus vry, en
werk ook sielkundig met ons as mens. Die gebed kom saam met Krag
gebed kaarte, wat jy tydens die gebed om jou pak in ’n beskerming ring.
10 gebed kaarte wat gesalf en geseën is en wat BESKERMING uitspel,
word tydens gebed, geneem en geplaas vanaf die 3 uur posisie klok
gewys, dan 4uur, 5uur,7,8,10,11 en 12 uur posisies.
Laat die Vrede en Kalmte van die Hemel oor jou kom, sit ’n rukkie in
die beskerming kring na die gebed.


Vergroot dan stelselmatig die ring soos jy die vrede en kalmte
ervaar, bv. die volgende gebed, maak die kring groter, en weer
groter by die volgende bid sessie, bry die kring uit na die grense van
jou kamer, later na die grense van jou huis, ens
Die Hemel magte sal die vrees en intimidasie wegneem. Die enigste
vrees wat sal oorbly. Is die vrees (Respek) vir ’n Almagtige God!
Wees verseker. Jy pas nou die Kragtigste, Magtigste en sterkste
manifestasie van geloof toe in die Heelal in die gebed.
Jy aktiveer “Die Bloed van Jesus”
Van af: Die Spesialiste uit die Hemel en in jou!

VOORSKRIF GEBED VIR BESKERMING
Bid die gebed daagliks hard op saam met u Familie of in Groep verband, of
wanneer daar vrees of intimidasie ondervind word. Die gebed mag afgelees word.
Neem die gebed kaarte en soos u die aksies Manifesteer ”Ons plaas dit” plaas
die kaarte om u soos ’n beskermde ring. Een kaart op elke uur van die horlosie.
Die baie kragtige gebed sal net ’n paar minute neem.


DIE GEBED.
Here. Ons kom na U Rots van beskerming in die wonderlike naam van Jesus
Christus U seun. Ons bevestig ons geloof in U ,die God ons beskermheer. Ons
bevestig ook dat ons glo in die Bloed van Jesus wat die sterkste beskerming krag
in die Heelal is en die vertroostinge en leierskap krag van U Heilige Gees. Here,
ons bevestig dat ons, ons skuldenaars vergewe het, en vra U ook vir U vergifnis
vir ons sondes.


Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22
“Bring U woord lewe vir ons verstand, gees en liggaam”
En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U woord lewend en kragtig en dring ons liggaam, gees en verstand binne
soos ’n skerp mes en genees diep”
en volgens Deuternomium 28 vers 22
”is Vrees en intimidasie onder die vloek van die wet”
Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13
“Jesus het ons losgekoop/vrygekoop van die vloek van die wet”

Here gee ons vandag net ons daaglikse brood, en bou in ons, geen bekommernis
oor niks, maar laat ons na U kom in gebed met geloof en Bid oor Alles!


Met die bevestiging neem ons U voorskrif gebed ,voorgeskryf deur U, vir volle
beskerming van ons liggaam, gees en verstand.

Here ons neem. – B – Psalm 27 vers 1

Ons het nie nodige om te vrees of intimidasie te voel nie, U is by ons!
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie my Heer.

Here ons neem. – E – Genesis 46 vers 3

Ons gaan nie meer bang wees nie, U is nou by ons!
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie vir U beskerming.

Here ons neem. – S – Psalm 138 vers 8

Here,U goedheid en guns is altyd oor ons en sal vir ewig by ons wees
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie U is naby.

Here ons neem. – K – Efesiërs 6 verse 19 & 20

Here, U maak ons vry van kettings van vrees!
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie vir die vryheid.

Here ons neem. – E – Job 1 verse 6 en 12

Here, Satan en sy volgelinge is onder U mag!
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie vir U krag.

Here ons neem. – R – Efesiërs 6 verse 11 tot 18

Here, Ons trek die volle wapenrusting van God aan. veral die skuld van geloof.
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie vir U wapenrusting.

Here ons neem. – M – Hebreërs 1 vers 8

Jesus, U Bloed is ons GROOTSTE beskerming.
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie Jesus vir U Kruis.

Here ons neem. – I – Handelinge 1 vers 8

Heilige Gees ons ontvang Krag van U af, Ons sal nie meer Vrees nie.
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie O Skepper Gees.

Here ons neem. – N– Jakobus 5 vers 16

Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag!
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dank U vir die gebed.

Here ons neem. – G– Psalm 46 verse 1 tot 3

Here, U maak Ons sterk en ons ervaar U rustigheid.
Ons plaas dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Baie dankie Here.


Here volgens Lukas 1 vers 37,
“Is daar niks by U onmoontlik nie, so, alles is by U moontlik”.


Dankie vir U BESKERMING.

Here, stort U seëninge oor ons uit, vergroot ons grondgebied, wees met ons in
alles wat ons doen, neem ons onder U beskerming en weerhou enige onheil van
ons, sodat geen smarte ons sal tref nie. Here hoor asseblief ons nederige gebed
aan U.
Here, ons prys U vir U almag en U oorwinnings, ons loof U vir U krag en U
Majesteit.


Here, ons breek elke aktiwiteit van die Okkulte oor ons lewe!
Ons breek elke familie vloek oor ons!
Ons bind elke mag, besoedeling, plan of strategie wat Satan en sy volgelinge oor
ons lewe het op die oomblik!
Ons bind en breek dit in die magtige krag van Jesus se Bloed!
Dit het geen meer mag oor ons nie! Ons is gedoop in die Bloed van Jesus!


Here U is “Jehovah Nissi ” Die God, ons BeskermHeer.
Here U is “Jehovah Shalom” Die God, ons Vrede.
Here U is “Jehovah Shammah” Die God, wat altyd by ons is.
Dankie vir U liefde. Laat U wil geskied oor ons lewe. Die Vrede wat U ons nou
gee, gaan ons verstand ten bowe, ons sal aan ander getuig van u BESKERMINGS
krag.


Amen en Amen


Op konsultasie vanaf die Hemelse Spreek kamers, vanaf God die Vader, Jesus die
Seun en die Heilige Gees. Die gebed is geskryf en met olie gesalf vir Ons.

Aangeheg die Beskermings Kaarte – Druk uit, lamineer en vou . Salf dit ook elke 7 dae tydens gebruik

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

GEBEDS RAAD

Bid volgens God se wil

1Joh. 5:14     ‘En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

1Joh. 5:15     En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het’.

Bid met Verwagting

Jer. 33:3        ‘Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie’.