Skip to main content

Vir Voorsiening.
Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop by uself!

Bid daagliks, of so gereeld as benodig.
Julle het nie want, julle bid nie,. En julle kry nie want julle bid
verkeerd, is die waarskuwing van Jakobus.
Manifestasie van geloof is die sleutel woord. Die gebed kom saam
met gebed kaarte van Seëninge gegee aan jou vanuit die Hemelse
skatkamers/bank.


Gebruik dit soos volg: die behoefte waarvoor jy bid moet gevul word,
dit beteken vul dan die plek waar die behoefte bestaan met die
voorsiening krag uit die Hemel.
Bv. As daar ’n behoefte is vir finansies, plaas een of meer van die
seëninge kaarte in jou beursie of tjekboek. As dit voedsel is, plaas in
kaart in yskas/vrieskas en ander in kruideniers kaste.


Los die seëninge kaarte daar, tot wanneer die gebed weer gebid
word, plaas dit weer maar op dieselfde plek totdat God voorsien.
Bid sonder ophou –Lukas 18 vers 1 – Jesus se opdrag.
Maak die seëninge los wat daar op jou naam lê, in die Hemel se
skatkamers of bank. Die seëninge is on-uit-put-baar.
Natuurlik, danksegging by ontvangs. En nog meer kragtig,
danksegging voor ontvangs, dit wys geloof!
“Ek se net dankie, dankie aan die Here!”.

Van af: Die Spesialiste uit die Hemel en in jou!


VOORSKRIF GEBED VIR VOORSIENING

Bid die gebed daagliks hard op saam met jou Familie, Besigheid vennote of mede Direkteure. Die gebed mag afgelees word. Maak die gebed deel van u daaglikse geestelike voorbereiding. Manifesteer die aksies”Ons plaas dit” deur om die gebed kaarte een vir een in die Bybel of in u tjekboek te plaas of waar die behoefte gevul moet word. Die baie kragtige gebed sal net ’n paar minute neem.
Die Gebed.
Here. Ons kom na U Hemelse Skat kamers in die wonderlike en voorsienende naam van Jesus Christus U seun. Ons bevestig ons geloof in U wat in alles voorsien. Volgens Mattheus 6 vers 8 bevestig dit dat U en ons Vader weet wat ons behoeftes is nog voordat ons dit van Hom kan vra of bid. Ons bevestig ook ons geloof in Jesus se verlossings krag, en in die vertroosting en Leierskap krag van U Heilige Gees.
Here, ons bevestig dat ons, ons skuldenaars vergewe het, en vra ook U vir vergifnis vir ons sondes.


Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22
“Is U woord lewe vir die wat dit vind”
En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U woord lewend en kragtig
en volgens Deuternomium 28 vers 22
”Is Droogte en Skade onder die vloek van die wet”
Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13
“Jesus het ons losgekoop/vrygekoop van die vloek van die wet”


Met die bevestiging neem ons U voorskrif gebed, gegee deur U, vir volle voorsiening van al ons behoeftes.

# Here ons neem. – V – Psalm 24 vers 5
Here. U is ons Herder, U sal voorsien in al ons behoeftes!
Ons plaas dit, ons weet dit, ons glo dit, Dankie Vader.


# Here ons neem. – O – Genesis 27 vers 7
Here, U gee alle seëninge en U voorsien in alle behoeftes!
Ons plaas dit, ons weet dit, ons glo dit, Dankie Here.


# Here ons neem. – O – Jesaja 66 vers 11
Die Heilige Gees sal al ons seëninge en oorvloed bevestig!
Ons plaas dit, ons ondervind dit, ons glo dit, Dankie Jesus.


# Here ons neem. – R – Jesaja 65 vers 11
Here, U gee ’n stort reën van seëninge, U maak ons paaie gelyk!
Ons plaas dit, ons sien dit, ons glo dit, Dankie Here.


# Here ons neem. – S – Psalm 66 vers 12
Here, U sal ons neem na oorvloed, en ons sal in oorvloed ontvang!
Ons plaas dit, ons ontvang dit, ons glo dit, Dankie Jesus.


# Here ons neem. – I –1 Korinthiers 3 verse 5 tot 9
Here, ons plant en gee water, maar U laat die saad van Geloof groei!
Ons plaas dit, ons gee water, ons glo dit, Dankie vir die groei, Here.

# Here ons neem. – E – Psalm 69 verse 1 tot 36
Here, U is ons beskutting in tye van nood en tekort!
Ons plaas dit, ons ondervind dit, ons glo dit, Dankie Here.


# Here ons neem. – N – Romeine 8 verse 31 tot 39
Here, Met U aan ons kant, sal ons oorwin!
Ons plaas dit, ons weet dit, ons glo dit, Dankie vir die oorwinning, Heer.


# Here ons neem. – A – Deuternomium 28 verse 1 tot 14
Geseënd sal ons wees en oorvloedig ontvang!
Ons plaas dit, ons twyfel nie, ons glo dit, Dankie Jesus.


# Here ons neem. – S – 2 Korinthiers 4 verse 17 en 18
Ons tekorte is net tydelik, sal binnekort verander in seëninge!
Ons plaas dit, ons wag op U, ons glo dit, Dankie Here.


# Here ons neem. – B – Psalm 138 verse 1 tot 8
U het ons gebed verhoor en ons wag dan op U heerlikheid!
Ons plaas dit, ons wag dan, ons glo dit, Dankie Here.


Here VOORSIEN ASB aan ons in die volheid van U rykdom!


U maak die Skatkamers van die Hemel oop op die regte tyd, Here ons wag dan op U tyd. ons weet die antwoord is reeds op pad!
Here, stort U seëninge oor ons uit, vergroot ons grondgebied, wees met ons in alles wat ons doen en neem ons onder U beskerming en weer hou enige onheil van ons, sodat geen smarte ons sal tref nie. Hoor asseblief ons nederige gebed aan U.

Here, ons breek elke aktiwiteit van die Okkulte oor ons lewe!
ons breek elke vloek oor ons! ons bind elke mag, besoedeling, plan of strategie wat Satan en sy volgelinge oor ons lewe het op die oomblik!
ons bind en breek dit in die magtige krag van Jesus se Bloed! Dit het geen meer mag oor ons nie!
Here gee ons vandag net ons daaglikse brood, en bou in ons, geen bekommernis oor niks, maar laat ons na U toe kom in gebed met geloof en Bid oor Alles!


Here, ons prys U vir U almag en U oorwinnings, ons loof U vir U krag en U Majesteit.
Here U is “Jehovah Shammah ” Die God, met ons.
Here U is“ Jehovah Shalom” Die God, ons Vrede.
Here U is“ Jehovah Jireh” Die God, Die een wat voorsien.


Here dankie dat U ons droogte verander in vloede van seëninge uit U Hemelse skatkamers, en ons binding verander in Vrede. Dankie vir U liefde, U is ons drie-enige Godheid uit die Hemel wat voorsien, ons sal aan ander getuig van U seëninge wat U uit goedheid gee. Laat U wil geskied in ons lewe. ons bid dit nie uit verdienste of uit gewoonte nie, maar net deur U genade alleen, Dankie Heer.


Amen en Amen


Op konsultasie vanaf die Hemelse Skat kamers, vanaf God die Vader, Jesus die seun en die Heilige Gees. Die gebed is geskryf en gesalf vir Jou

Druk die Gebeds Kaarte uit , knip uit en plaas dit in die plek waar die behoefte is . nadat jy dit gesalf het met Olie !

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

Gebeds Raad

Danksegging

Hierdie is die tyd wat jy met waardering jou dank uitspreek vir dit wat die Here vir jou doen of gedoen het.  Dank die Here in hierdie tyd vir gebede wat hy beantwoord het, sy versorging en voorsiening,  dank die Here dat Hy altyd daar is wanneer ons Hom nodig het.  Sê  ook vir die Here waaroor is jy dankbaar,  dink na oor die dae wat verby is en alles wat jy ontvang het,  werk, kos, voertuig ens.  Dit is belangrik dat ons Hom dank daarvoor want alles is syne.