Skip to main content

Gebede van die Bybel en primêre punte bymekaar sit.  Ons gaan identifiseer wat deel van ‘n suksesvolle gebed en gebedslewe behoort te wees.

Ons gaan na elke gebed kyk en dan ‘n Volkmaakte Gebed saamstel. ‘n Gebed wat alle punte van ons gesprekke met God dek.

As ons al die versies opbreek, dan sal ons hoofsaaklike 4 verskillende areas sien waaruit ons ‘n Dinamiese Gebed kan saamstel.

Gebede in die Ou Testament

  1. Gebede wat Jesus Christus gegee het EN Gebede in die lewe van Jesus Christus
  1. Gebede in die briewe aan die Kerke

Ons sal sien dat elke gebed leiding van ‘n Hemelse Gebed verkry het.

Elke aspek wat jy gaan leer word in ‘n kode aangedui;

BG = Belofte van God na Gebed.

GI = Gebed Instruksies.

SIG = Sluit in jou Gebede in.

Hieruit sal ons ‘n lys van aksies vasstel wat jy in jou daaglikse gebede kan inkorporeer.

Matt 7:7  Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 

Jakobus 4:2  en julle het nie, omdat julle nie bid nie. 

3  Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid

ANDER STUDIES

Hindernisse in die Gebedslewe

Alle sonde is hindernisse in jou gebedslewe.  Die onderstaande lys toon vir ons aan van bepaalde dinge wat die Skrif pertinent noem in verband met die verhindering van gebed.

Bewuste sondes wat nie bely is nie

Jes. 59:1     ‘KYK, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;

Jes. 59:2      maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle

God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie’.

Afgodery, Kultiese betrokkenheid

Eseg. 14:3     ‘Mensekind, hierdie manne het hulle drek gode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hul aangesig neergesit – sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?

Suinigheid en Geldgierigheid

Spreuke 21:13   ‘Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie’.

1Tim. 6:10      Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor’.

Ongeloof en Twyfel

Jakobus 1:6      ‘Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voort gesweep word’.

Onvergewensgesindheid en Bitterheid

Matt. 6:14       Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse

Vader julle ook vergewe.

Matt. 6:15     Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Verkeerde Optrede teenoor jou Huweliksmaat

1Petrus 3:7         ‘Net so moet julle, manne, verstandig met hulle(jou Huweliksmaat) saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is – sodat julle gebede nie verhinder mag word nie’.

Hoogmoed

Jakobus 4:6 ‘Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade’.

Selfsugtige Motiewe in Gebed

Jakobus 4:3       ‘Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring’.

‘n Kritiese Gees

Matt. 7:1      ‘MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie’.

Romeine 14:10    ‘Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word’.

Ondankbaarheid

1Thes. 5:18    ‘Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle’.

Liefde vir die wêreld en wêreldgesindheid

1Joh. 2:15     ‘Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie.  As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie’.

Wanneer ons nie in die Naam van Jesus bid nie

Joh. 14:14   ‘As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen’.

Wanneer ons nie volgens die wil van God bid nie

1Joh. 5:14     ‘En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil’.

GEBEDS RAAD

Gebed en die Belydenis van Sonde

Een van die vernaamste voorwaardes vir voorbidding is dat enige bidder se lewe skoon moet wees.        Ons moet alle bewuste sonde bely en ons moet daarmee breek.      Enige vorm van sonde verhinder ons gebede.  Daaroor is Psalm en Jesaja baie duidelik.

Psalm 66:18   ‘As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie’. Jes. 59:1       ‘KYK, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;

Jes. 59:2     maar julle ongeregtighede het ‘n  skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie’.