Skip to main content

Die Krag gebed.

Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.

Bid met oorgawe hardop by uself!

Die Krag Gebed

Here ek kom na U, in die Wonderlike en genesende naam

van Jesus Christus U Seun.

Vergewe asseblief al my sondes, net soos ek ook my sondaars vergewe het.

Here, stort U seëninge oor my uit!

Vergroot my grondgebied!

Neem my en my familie onder U beskerming!

Wees met ons in alles wat ons doen!

Hou ons weg van enige onheil!

Sodat geen smarte ons sal tref nie!

 Here, ek breek elke aktiwiteit van die Okkulte oor my lewe!

Ek breek elke familie vloek oor ons!

Ek bind elke mag, besoedeling, plan of strategie wat Satan en sy volgelinge oor ons lewe het op die oomblik!

Ek bind en breek dit in die magtige krag van Jesus se Bloed!

Dit het geen meer mag oor ons nie!

Here gee my vandag net my daaglikse brood, en bou in my, geen bekommernis oor niks, maar laat ek na U toe kom in gebed met geloof en Bid oor Alles!

Ek aanbid U naam, want U IS! “Jehovah Nissi” Die God, my Beskermheer! U IS! “Jehovah Shammah” Die God, met my! U IS! “Jehovah Rafha” Die God, my Geneesheer!

Ek sal getuig aan ander, van U seëninge aan my!

Ek dank U my drie enige Godheid uit die Hemel en ook in my!

Amen en Amen

Geskryf Deur Pastoor Dirk , Geinspireer deur die Heilige Gees.

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

Gebeds Raad

Versoeke

Vir  jou  persoonlike  behoeftes.    Die  gelowige  mag  en  moet  vir  sy eie  persoonlike behoeftes bid. Hy kan ook met verwagting bid,  selfs oor die kleinste dingetjies.  In hierdie periode bid ons vir ons daaglikse brood en ook vir geestelike versterking en toerusting vir ons lewe en werk as gelowiges. In totale afhanklikheid werp ek myself op God om in my behoeftes te voorsien.  Dit wat ons vir onsself vra,  mag nooit uit selfsug gebore wees nie.  Die Here wil graag in ons behoeftes voorsien,  en daarom moet jy seker maak jy bid met suiwer bedoelings.