Skip to main content

Vir Vertroosting.
Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop as Familie!

Bid daagliks, of so gereeld as benodig.
God is die Skepper van jou Hart, Jesus is die Geneesheer van jou
hartseer, en die Heilige Gees jou vertrooster.
En hul is nou hier.
Die gebed kom saam met Bybel boek merke, plaas dit by die betrokke
Bybel vers wat die gebed letter verteenwoordig,
Sodra jy die manifestasie doen “Ek neem dit” plaas die oop Bybel
teen jou Hart, soos u, u geliefde sou vas druk. Beweeg dan aan na
die volgende gebed letter.
Verwag emosie en trane, maar verwag ook genesing en vertroosting
Van af: Die Spesialiste uit die Hemel en in jou!

VOORSKRIF GEBED VIR VERTROOSTING
Bid die gebed hardop saam as Familie, wanneer hartseer en verlange
intree. Die gebed mag afgelees word. En elke keer as u die aksies
doen,”Ons neem dit”, maak die Bybel oop by die skrif gedeelte betrokke en
druk dit stuif teen u bors vas soos u, u geliefde so vas druk. laat God se
woorde diep indring in jou gebroke hart vir totale genesing. Die baie
kragtige gebed sal net ’n paar minute neem. Trane en emosie moet verwag
word, maar verwag ook vrede en genesing.


DIE GEBED
Here ons kom om te skuil onder U Vlerk van vertroosting. In die
Liefdevolle en genesende naam van Jesus Christus U seun. Ons bevestig
ons geloof in U ,die Skepper van my hart, siel en gees. U wat Ons liggaam,
gees en verstand beter ken as enige mens. Ons glo in die genesings krag
van die Bloed van Jesus wat tans oor ons gebroke hart vloei, en ons glo in
die vertroosting krag van U Heilige Gees.


Here, ons bevestig dat ons, ons skuldenaars vergewe het, en vra U ook
vir vergifnis vir ons sondes.
Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22
“Gee U woord lewe vir die wat dit vind en genesing vir ons Hart, gees en
verstand”


En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U woord lewend en kragtig en dring ons liggame, gees en verstand
binne soos ’n skerp mes en genees diep tot binne in ons gebroke hart ”
Here Hartseer is Normaal en menslik!

Here gee ons vandag net ons daaglikse brood, en bou in ons, geen
bekommernis oor niks, maar laat ons na U kan kom in gebed met geloof en
Bid oor Alles!


Met die bevestiging neem ons U voorskrif medikasie ,voorgeskryf deur U
vir volkome vertroosting en genesing van ’n gebroke Hart en hartseer.

Here ons neem. – V – Johannes 15 verse 1 tot 17

Jesus U is ons Vriend, U staan by ons in tye van Nood en Hartseer.
Ons neem dit, Ons ondervind dit, Ons glo dit, Dankie vir U Vriendskap.

Here ons neem. – E – Jeremia 8 vers 18

Here, ons het gedink ons hartseer is te groot vir vertroosting en genesing.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie vir U vertroosting.

Here ons neem. – R – Psalm 121

Ons Hulp is van U Here, U is die skaduwee rondom ons.
Ons neem dit, Ons sien dit, Ons glo dit, Dankie Heer.

Here ons neem. – T – Predikers 4 vers 1

Here, U sien ons trane, U vertroos ons alreeds.
Ons neem dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie vir die trane.

Here ons neem. – R – Jesaja 41 vers 10

Here, U versterk ons, ons sal nie vrees nie.
Ons neem dit, Ons ontvang dit, Ons glo dit, Dankie vir die krag.

Here ons neem. – O – Psalm 46

Here, U is ons toevlug, ons beskerming, ons hulp!
Ons neem dit, Ons ondervind dit, Ons glo dit, Dankie vir U hulp.

Here ons neem. – O – Psalm 61 verse 4 & 5

Here, ons sal bly in U veiligheid en skuil onder U Vlerk.
Ons neem dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie vir die veiligheid.

Here ons neem. – S – Jesaja 38 verse 1 tot 8

Here, as U ons trane sien, vertroos U dadelik.
Ons neem dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie vir U vertroosting.

Here ons neem. – T– Johannes 20 verse 19 tot 25

Here, U is ons vrede, U is die een wat ons Troos.
Ons neem dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie vir U vrede.

Here ons neem. – I – Psalm 23 verse 1 tot 6

Here U is ons Herder, U sal ons lei na waters waar rus is.
Ons neem dit, Ons volg U, Ons glo dit, Dankie vir die rus.

Here ons neem. – N – Markus 14 vers 26

U gee ons ’n vreugdes lied in die duisternis.
Ons neem dit, Ons sing dit, Ons glo dit, Dankie vir die lied.

Here ons neem. – G – Johannes 14 verse 16 tot 18

Vader U Gees is ons vertrooster, Hy vertroos ons.
Ons neem dit, Ons voel dit, Ons glo dit, Dankie vir die VERTROOSTING.


Here U Gees onderskep ons hartseer en pyn en neem dit reguit na U op
na U Troon. Here U onderskep ons skok en staan nou langs ons, U sal ons
nooit teleurstel nie! U verander ons woede in vrede. U verander ons
benoudheid in vreugde. U gee ons nuwe krag en ons voel nie meer
uitgeput nie!


U sal self die trane van ons wang kom vee. Here ons gaan nie probeer om
sterk te wees nie, want as ons sterk voorkom. Kan U ons nie ten volle
vertroos nie!
Here, U ken alle tale van die Wêreld, maar daar is een taal wat U beter
ken. En dit is die taal van Hartseer en Trane.


Dankie vir U vertroosting!
Here, U verander ons hartseer in vrede, My Trane in vreugde, U maak
alle blydskap in ons los, en U maak ook al die krag en mag van U kruis los
oor ons lewe, Jesus.
Here stort U seëninge oor ons uit, vergroot ons grondgebied, neem ons
onder U beskerming en wees met ons in alles wat ons doen, weer hou
enige onheil van ons, sodat geen smarte ons sal tref nie. Here hoor
asseblief ons nederig gebed U.


Here, ons prys U naam vir, U almag en U oorwinnings, ons loof U vir U
krag en U Majesteit.

Here U is “Jehovah Nissi ” Die God, ons Beskermheer.
Here U is“ Jehovah Rapha” Die God, ons Geneesheer.
Here U is“ Jehovah Shammah” Die God, by ons, altyd.
Here U is“ Jehovah Shalom” Die God, ons vrede.

Dankie vir U liefde, U vrede, U vertroosting, ons sal aan ander getuig van
u vertroostings krag. Laat U wil in ons lewe geskied, o Vader. ons vra dit
nie uit verdienste of uit gewoonte uit nie, maar net deur U genade alleen.


Amen en Amen

Aangeheg die Vertroostings Bybel Plek houers . Druk . Knip uit en plaas in u Bybel vir maklike gebruik

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

GEBEDS RAAD

Gebruik van Olie en Salwing

Daar is egter ‘n baie belangrike punt wat onthou moet word.  ‘n Mens lê nie net hande op, op enige persoon nie,  dit is baie gevaarlik.  Jy moet gelei voel deur die Heilige Gees en weet dat die Here wil hê jy moet dit doen.  As jy net links en regs die hande oplê kan jy probleme optel. Baie persone is so vol duiwels en dinge waarvan jy nie bewus is nie en daarom is dit belangrik dat jy sal wag vir die leiding van die Heilige Gees.   Die salwing met olie geld dieselfde voorwaardes.  Jy salf nie net mense omdat dit slegs ‘n gewoonte is of omdat jy daarvan hou nie.     Die Woord is baie duidelik waar en wanneer gesalf moet word.  Dit kan gebruik word by siekes wat volgens skrif gelowiges is.  Want die Skrif sê dit baie duidelik vir ons.

Jakobus 5:14  ‘Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het’.

‘n Ongelowige sal nie vra om gesalf te word nie want hulle glo nie eers daaraan nie.  Indien dit

‘n vreemde persoon is wat u gladnie ken nie,  moenie net salf olie gebruik en salf  nie.  Moet ook nie net hande oplê nie,  dit is slegs vir die kinders van die Here of iemand wat tot bekering kom en dan kan ons hom salf as u so gelei voel,  dan kan u dit doen.