Skip to main content

Die Dankseggings gebed.

Gee in Hoop, met Geloof en in Liefde.

Bid met oorgawe hardop by uself!

Bid die gebed hardop vir die Drie eenheid, as dank betuiging, vir die voorsorg, genesing, bevryding, beskerming, vertroosting, voorsiening en krag voorsiening wat u ontvang het vanaf die Voorskrif gebede uit die Hemel.

Betuig u dank, uit u hart uit.

Die Dankseggings Gebed

Here ek kom om na U spreek kamers en stoor kamers. In die liefdevolle en wonderlike naam van Jesus Christus U seun.

Ek  kom vandag met hande, nee, arms vol blomme van danksegging.

Vader U is die skepper van die Heelal, die alom teenwoordige, die al wetende, al siedende God. Die ewige Vader, die Heerser van die Hemel en Aarde, Almagtige God. U is liefde, U is die wind en ook die wind stilte, die Groot Oorwinnaar, die Vrede Vors. U is die God wat vir ewig sal regeer, die Here wat Sy oog oor my hou.

Jesus, U is my verlosser, die Prins van Vrede. U Bloed is die sterkste mag in die Heelal, U is die Alfa en die Omega, die begin en die einde. U is die Lam van God sonder gebrek, die Brood van die lewe uit die Hemel, die Blink Morester. U is die goeie en getroue Herder, die ewig lewende Priester, Die Leeu van Juda. U is my magtige Heer, die seun van ’n lewende God, my Meester, die ware lig, wonderbare Raadsman.

Heilige Gees, U is die sagte Gees, die Gees van waarheid, U bring die Gees van Krag en Genade. U is en was nog altyd, die Gees van die Lewe, Die Gees wat lewe gee.

Dankie vir U voorsorg, U genesing, U beskerming, U oorvloed van seëninge, U vertroosting, U vryheid wat ek ontvang het, U oplossings en die Krag voorsiening uit U mag.

Here dankie dat U my vandag geseën het met daaglikse brood, en dankie dat U in my gebou het, geen bekommernis oor niks,

maar nou weet ek kan na U kom in gebed met geloof en Bid oor Alles!

Ontvang my lofprysing en my danksegging uit my hart.

                      # Here ek gee.  – D – Dank betuiging.

Ek wil die Here altyd loof, Sy lof sal altyd deur in my mond wees.

Psalm 34 vers 2

                     # Here ek gee.    – A – Aan U al die eer!

Here, U is my God, By U wil ek skuil.

Psalm 7 vers 2

                       # Here ek gee.  – N – Niemand anders soos U!

Here, U is my Beskermheer, U is die regverdige!

Psalm 7 verse 10 & 11

                        # Here ek gee.  – K – Koning van Konings!

Here, ek wil U loof, met my hele hart, van U wonders vertel.

Psalm 9 vers 2

                         # Here ek gee.  – S – Sal by U bly, Heer!

Here, U heers vir ewig, U is die regverdige Regter.

Psalm 9 vers 8

             # Here ek gee.  – E – Ewig dankbaar aan U! By U skuil ek, onder U vlerk sal Ek bly!

Psalm 11 vers 1

             # Here ek gee.  – G – Gesange vir U sing!

Here, ek sing ’n lied net vir U, Die woorde net vir U.

Psalm 18 vers 1

              # Here ek gee.  – G – Gedigte vir U dig!

U is my Lig en my heil, die enigste toevlug oord.

Psalm 27 vers 1

               # Here ek gee.  – I– In U goedheid, wil ek woon!

Here, U is my Rots, my plek van veiligheid.

Psalm 28 vers 1

               # Here ek gee.  – N – Net U kan, o Heer!

My siel getuig net van U, en met my hart dank ek U.

Psalm 35 verse 9 en 10

               # Here ek gee.  – G – Gegee in U volheid

Here, ek het lank gewag vir U antwoord, U het neergebuig, U het my geroep gehoor.

Psalm 40 vers 1

Here, dankie dat U my droogtes verander het in vloede van seëninge. My skade in ontginbare skatte uit U skatkamers.

Heilige Gees dankie vir U leierskap en vertroosting krag. Dankie dat U na my lewe omsien.

 Here dankie dat U seëninge oor my uit stort, dankie dat U my grondgebied vergroot het, dankie dat ek onder U beskerming leef en dankie dat U by my is in alles wat ek doen, dankie dat U enige onheil van my weghou, sodat geen smarte my tref nie. Here dankie dat U my nederig gebed verhoor.

Here, ek prys U naam vir U almag en U oorwinnings, ek loof U vir U krag en U Majesteit.

Here U is  “Yahweh Nissi ” Die Beskermheer!

Here U is “Yahweh Rapha” Die Groot Geneesheer!

Here U is “Yahweh Shammah” Die Here, daar, hier en oral!

Here U is “Yahweh Shalom” Die Here van Vrede!

Here U is “Yahweh Rah” Die goeie Herder!

Al die eer en lofprysing aan die Koning van my lewe.

Heilig, Heilig, Heilig, is die Here, Almagtig, die Een wat was, wat is en nog gaan kom.

Amen en Amen

Gebed Geskryf deur Pastoor Dirk , Geinspireer deur die Heilige Gees.

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

Gebeds Raad

Waak

Hierdie is ‘n tyd van geestelike waarneming,   om geestelik bedag te wees op sake waarvoor daar gebid moet word.   Dit sal daartoe lei dat jy sal bid vir ander se behoeftes en sekere van jou eie behoeftes.  Jy stel jou in op die Here en wag op die Heilige Gees oor spesifieke sake wat op jou hart gelê word,  en bid dan daarvoor. Hierdie is ‘n tyd om nugter en wakker te wees ten opsigte van aanslae van die Bose. Paulus leer ons om te waak en bid.  Kol. 4 : 2.  Satan sal probeer om jou te verwar en te verhinder om te bid sodat jy nie konsentreer nie. Wees bedag daarop.