Skip to main content

Gebruik die Gebeds kaarte

Vir Vryheid van Probleme.
Geneem in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop by uself!

Bid eenmaal daagliks vir SES dae, en sewe keer op Dag Sewe.
Die gebed werk met geloof manifestasie aksies wat Die mag en krag
van die Hemel vrystel oor u probleem.
Die sewe gebed kaarte spel VRYHEID uit (7 ook die nommer van God
die Vader) plaas die kaarte klok gewys om die dokumentasie wat
die probleem verteenwoordig. Begin op die 7 uur posisie (Kaart V)
dan die ander op 9uur, 12uur,2 uur, 4 uur en 5 en 6 uur.
Nadat die gebed krag kaarte geplaas is, spreuk Vryheid oor die
probleem. Wys met jou vinger na die volgorde van die gebed kaarte
en wys dan jou vinger na die dokumente in die middel, noem die
probleem en wees spesifiek, bv. Saak 179/2013 in die Jhb hof.
Voltooi die gebed en los die gebed kaarte en dokumentasie daar tot
die volgende dag, wanneer u weer die gebed bid. Neem die kaarte
en plaas dit weer. “Los dit by die Here”


Na die 7de gebed op die 7de dag, skreeu op die top van jou stem.
Josua. 6 vers 10. “Dan moet jul skreeu, skreeu moet jul.” En draai die
dokumentasie om met die geskryf na onder. (’n Teken van opgelos).
Bid, glo en twyfel nie en ontvang. Los die gebed kaarte om die
dokumentasie totdat goeie nuus ontvang is.
Van af: Die Spesialiste uit die Hemel en in jou!

VOORSKRIF GEBED VIR VRYHEID
Bid die gebed daagliks hard op by jouself. Die gebed mag afgelees word.
Bid die gebed sodra daar ’n lewens verandering probleem in jou lewe kom.
Manifesteer die aksies, deur om die gebed kaarte een vir een om die
probleem te plaas. Manifesteer”Ek plaas dit” Die baie kragtige gebed sal
net ’n paar minute neem.


DIE GEBED.
Here. Ek kom na U Hemelse Spreek kamers in die wonderlike naam van
Jesus Christus U seun. Ek bevestig my geloof in U wat in alles voorsien. U
wat my behoeftes ken nog voordat ek dit van U kan vra of bid. Ek
bevestig ook my geloof in Jesus se verlossings krag, en in die
vertroosting en Leierskap krag van U Heilige Gees.


Here, ek bevestig dat ek my skuldenaars vergewe het, en vra U ook vir
vergifnis vir my sondes.


Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22
“U woord is lewe vir die wat dit vind”
En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U woord lewend en kragtig
en volgens Deuternomium 28 vers 22
”Is Droogte en Skade onder die vloek van die wet”
Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13
“het Jesus my losgekoop/vrygekoop van die vloek van die wet”


Met die bevestiging neem ek U voorskrif gebed, gegee deur U, vir volle
vryheid van al my probleme.

Here ek neem. – V – Psalm 69 verse 1 tot 36

Here. U is my beskutting in tye van nood en tekort!
Ek plaas dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie Vader.

Here ek neem. – R – Jesaja 40 verse 30 en 31

Here, wie op U wag, kry nuwe krag!
Ek plaas dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – Y – Romeine 8 verse 31 tot 39

Met U aan my kant, sal ek oorwin!
Ek plaas dit, Ek ondervind dit, Ek glo dit, Dankie Jesus.

Here ek neem. – H – 1 Korinthiers 3 verse 5 tot 9

Here, ek plant en gee water, maar dit is U wat die saad van geloof laat groei!
Ek plaas dit, Ek gee water, Ek glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – E – Mattheus 11 verse 28 tot 30

Jesus, U belofte, U sal my ewige rus gee.
Ek plaas dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie Jesus

Here ek neem. – I –2 Korinthiers 4 verse 17 en 18

Here, my ligte verdrukking is slegs tydelik en sal binnekort verander in seëninge.
Ek plaas dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – D – Psalm 138 verse 1 tot 5

Here, U het my gebed verhoor, ek wag dan vir U heerlikheid!
Ek plaas dit, Ek sal wag, Ek glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – V – 1 Timotheus 2 vers 1

Here, Hoor my gebed en my danksegging!
Ek plaas dit, Ek bid dit, Ek glo dit, Dankie Here.

Here ek neem. – A –Mattheus 21 verse 21 en 22

Jesus U se, Bid, glo en twyfel nie en ontvang!
Ek plaas dit, Ek twyfel nie, Ek glo dit, Dankie Jesus.

Here ek neem. – N – Ezegiel 34 vers 36

Ek sal ’n stort reën van seëninge uit die Hemel ontvang!
Ek plaas dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.


Here dankie vir die VRYHEID VAN MY PROBLEME.
volgens Jakobus 1 vers 25.


“Gee U volmaakte vryheid en geluk oor my probleme en binding.”
Here, stort U seëninge oor my uit, vergroot my grondgebied, wees met
my in alles wat ek doen en neem my onder U beskerming en weer hou
enige onheil van my, sodat geen smarte my sal tref nie. Hoor asseblief
my nederige gebed aan U.

Here, ek breek elke aktiwiteit van die Okkulte oor my lewe!
Ek breek elke familie vloek oor my! Ek bind elke mag, besoedeling, plan of
strategie wat Satan en sy volgelinge oor my lewe het op die oomblik!
Ek bind en breek dit in die magtige krag van Jesus se Bloed! Dit het
geen meer mag oor my nie!


Here gee my vandag net my daaglikse brood, en bou in my, geen
bekommernis oor niks, maar laat ek na U toe kom in gebed met geloof en
Bid oor Alles!


Here, ek prys U vir U almag en U oorwinnings, ek loof U vir U krag en U
Majesteit.


Here U is “Jehovah Shammah ” Die God, met my.
Here U is“ Jehovah Shalom” Die God, my Vrede.
Here U is“ Jehovah Jireh” Die God, Die een wat voorsien.


Here dankie dat U my droogte verander in vloede van seëninge uit U
Hemelse skatkamers, en my binding verander in vreugde en vrede.
Dankie vir U liefde, U my drie-enige Godheid uit die Hemel wat voorsien,
ek sal aan ander getuig van u seëninge wat U uit goedheid gee. Laat U wil
geskied in my lewe, O Heer. Ek bid dit nie uit verdienste of uit gewoonte
nie, maar net deur U genade alleen, Dankie Heer.


Amen en Amen


Op konsultasie vanaf die Hemelse Spreek kamers, vanaf God die Vader,
Jesus die seun en die Heilige Gees.
Die gebed is geskryf en gesalf vir My.

Aangeheg die Vryheids Kaarte . Druk uit , Lamineer en Vou . Salf dit met Olie voor jul dit gebruik !

DEEL MET ONS JOU GETUIENIS !!! ASB

GEBEDS VRAAG EN ANTWOORD

Vir wie moet ons bid?

Rus daar enige verantwoordelikheid op ons om vir ander te bid?  Beslis,  ons moet nie net aan onsself dink wanneer ons bid nie.  Ons kan so maklik vir iemand sê ‘ek bid vir jou’  wanneer daardie persoon jou van ‘n probleem vertel,  maar hou ons,  ons beloftes.  Dit is ‘n vraag wat ons elkeen afsonderlik moet beantwoord.  As jy vir iemand gesê het ek bid vir jou, dan moet jy bid vir daardie persoon. Maar die eerste Prys is om die persoon optelei om self na die Vader te gaan in gebed . daarvoor moet ons eers die persoon se verhouding herstel kry met die Vader en met sy or haar vyand !

Jak. 5:16      ‘Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige  het groot krag’.

Bely Mekaar se sondes en dan Bid vir mekaar,  ons bid nie net omdat ons dit geniet nie,  nee! As ons teen iemand iets het , is dit die moeilikste ding om te doen , om saam met daai persoon die Here te aanbid , daarom se die skrywer hier , bely mekaar , mekaar se sonde , (ONVERGEWENSGESINDHEID) en daarna bid vir mekaar ook Die Here sê dat julle gesond kan word.  Bid vir jou dierbares,  bid vir mense wat siek is, bid vir julle prediker dat God hom wysheid kan gee,  die skrif sê bid vir jou vyande,  bid vir die arbeiders in God se veld,  bid vir reën,  en so is daar talle dinge waaroor ons moet bid.  ‘n Prediker het eendag gesê:  ‘julle kan soms so emosieloos bid, wanneer julle bid’  en dit is so waar.

Efes. 6:18      ‘Terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges’.

Jakobus 5:15      ‘En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word’.

II Thes. 3:1      ‘VERDER, broeders, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle’.

Sag. 10:1       ‘BID tot die HERE om reën in die tyd van die laat reëns; die HERE maak die weerligte, en Hy sal aan hulle ‘n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen’.